By oom Fanie op die plaas.
vroeg Saterdag oggend, ‘n groot geraas!
ousus Karlien met haar nuwe vryer’
en die nefies van die stad, het kom kuier.
Die jonge knaape het die werf verken.
elke hond, bossie en elke hen.
Tot hul groot vermaak –
‘n donkie aan die klein huisie, buite vas gemaak.
Die pret was egter van korte duur, kan jy glo?
die hele ding le onderstebo!
Kleinhuisie, oupa Faan en al,
het binne in die sloot geval!
Weg is die hoenders en voel gesang.
‘n Werker storm met ‘n tuinslang!
‘n Atmosfeer om van te stik!
Die honde blaf verskrik!
Oupa Faan kruip uit op knee en hande.
O, wee! binnekort ‘n gekners van tande!
Skielik ‘n stilte, in sy oe ‘n wilde kyk!
Genade! om nie eens te praat van die wilde ruik!
Nig Sarie gooi haar voorskoot oor haar kop.
Die seuns is lelik in die sop!
Klein Piet skrop liewer verder aan die stal se vloer.
die hele werf is in rep en roer!
Blitsig het die seuns ‘n lyn gesny...
Oom Fanie het hulle by die vlei gaan kry.
Wie het nou geraai, hoe sterk ‘n donkie-muil?
en weet dat oupa in die klein huisie skuil?
Die japies se, hul het geen sleg of kwaad bedoel,
net so bietjie aan die ding gevoel...
Hul woorde, soebat en smeek.
Kort geknip deur ouma Miem se preek.
Oom Fanie het dinge so betrag,
na alles bedaar, sukkelend, sluk sy lag.
“as ek dan nou iets mag spreek-
die ou ding is lank al tog net ‘n geneuk...”
“...ek glo dat almal so sal voel.
stoot die sloot sommer net so toe.
Wie sal tog dan stry?
Dis lankal tyd dat ons ‘n binne toilet kry...!”
Manie Jackson 14/8/2011