Wanneer ek en jy
kort voor dagbreek
in mekaar
se arms wakker word
en vel teen vel
lê en wag
vir die son
om in te loer
deur skrefiesgordyn
en vreugdevol vir ons te lag .
Wanneer die eerste strale
van die oggend-son
oor jou naakte liggaam skyn
en jy luilekker
en tevrede teen my uitstrek ,
weet ek
al wat ek en jy
vandag gaan sien
is mekaar
en die skrefie-son
wat so sensueel
oor jou borste skyn .
( 02/11/2010 22h17 )
kort voor dagbreek
in mekaar
se arms wakker word
en vel teen vel
lê en wag
vir die son
om in te loer
deur skrefiesgordyn
en vreugdevol vir ons te lag .
Wanneer die eerste strale
van die oggend-son
oor jou naakte liggaam skyn
en jy luilekker
en tevrede teen my uitstrek ,
weet ek
al wat ek en jy
vandag gaan sien
is mekaar
en die skrefie-son
wat so sensueel
oor jou borste skyn .
( 02/11/2010 22h17 )