FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Oomblik vir altyd ( 18 )

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Oomblik vir altyd ( 18 )   Empty Oomblik vir altyd ( 18 )

    Post by Rudi Coetzer Mon 05 Dec 2011, 1:16 pm

    Die miskleed
    jas oor berg
    en vlakte
    en vallei .

    In ñ bosbouers-hut
    lê ek en jy
    snoesig-warm en vry ,
    met die enigste musiek
    ons snak-asems
    en die knetter-vuur
    en ñ uil
    wat eensaam whoe-whoe
    op die dak .

    Nou is nou
    en vandag is vandag .

    Môre moet ons oppak .


    ( 27/01/2010 07h43 )

      Current date/time is Tue 07 May 2024, 9:12 am