FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Oomblik vir altyd ( 16 )

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Oomblik vir altyd ( 16 ) Empty Oomblik vir altyd ( 16 )

    Post by Rudi Coetzer Thu 01 Dec 2011, 6:38 pm

    Die sterre-kooltjies
    vuur en smeul
    teen die donker uitspansel
    van die misterieuse nag

    en ek is oorbewus
    van jou nabyheid
    van jou warmte
    van jou reuk
    van jou asemhaling
    en van my hart
    se opgewonde vinnige
    geïnteresseerde klop .

    ñ Ster verskiet
    en voordat ek kan wens
    leun jy sag
    teen my aan
    met jou kop
    teen my skouer
    en die reuk
    van jou hare
    in my neus .

    Ek hou jou
    versigtig vas

    bang dat ek
    sal breek .


    ( 28/12/2009 11h51 )
    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    Oomblik vir altyd ( 16 ) Empty Re: Oomblik vir altyd ( 16 )

    Post by Torm Fri 02 Dec 2011, 1:59 am

    Die antitese in die titel val my steeds op (na vele volumes) en hier sluit dit netjies aan by die slotvers - die ander ene word versigtig vasgehou omdat JY breekbaar is.
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Oomblik vir altyd ( 16 ) Empty Re: Oomblik vir altyd ( 16 )

    Post by Rudi Coetzer Fri 02 Dec 2011, 11:53 am

    Very Happy
    hi Torm.
    Baie dankie.
    Jou response beteken baie vir my.

    Sponsored content


    Oomblik vir altyd ( 16 ) Empty Re: Oomblik vir altyd ( 16 )

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Fri 03 May 2024, 7:44 am