FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Baby , my bekkie bokkie-blom ( 22 )

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Baby , my bekkie bokkie-blom ( 22 ) Empty Baby , my bekkie bokkie-blom ( 22 )

    Post by Rudi Coetzer Thu 08 Dec 2011, 4:29 pm

    Die traan-walms
    van jou asem
    sper my neusvleuels oop
    verbrokkel die stilte van jou harts-psalms
    met ñ kraak en met ñ skeur
    wat my in my keel laat kots .

    Vir jou sal ek my siel verkoop
    aan die duiwel
    of die hoogste bieër
    sou dit die stormsee se branders wat breek en klots
    teen die verinneweerde dolosse van jou hart se hawemuur
    net laat verstil net laat bedaar .

    Miskien eendag Baby , my bekkie bokkie-blom
    sal ek myself weer in die spieël kan kyk
    sal jy my weer in die oë kan kyk
    en sal kammaland weer die plek
    kan wees waar jy en ek
    sonder twyfel en sonder vrees
    die lyne van ons storie sal kan vind
    en dit weer tot een saam sal kan bind .

    Ek weet ons sal ek glo ons gaan .



    ( 09/07/2011 00h09 )


      Current date/time is Thu 02 May 2024, 10:05 pm