FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Oomblik vir altyd ( 21 )

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Oomblik vir altyd ( 21 ) Empty Oomblik vir altyd ( 21 )

    Post by Rudi Coetzer Thu 08 Dec 2011, 4:05 pm

    Met ñ wye groot lag
    op sy ( grys ) bebaarde gesig
    trippel hy soos ñ woudfeëtjie
    die sypaadjie af
    en terwyl hy
    sy aposteljas uittrek
    draai hy al in die rondte
    om-en-om-en-om
    en sprei hy sy arms
    soos kondor-vlerke uit .

    Die lag wat by se mond uitkom
    weergalm tussen die geboue
    laat mense opkyk en omkyk
    en swerms bedel-duiwe
    opvlieg wegvlieg .


    ( 24/05/2010 14h29 )

      Current date/time is Tue 07 May 2024, 6:38 am