Jy ontvang my
oog teen die loergaatjie
met ñ onseker : “ Wie’s daar ? ”
terwyl my skaduwee
onderdeur die deur
verlangend na jou voete gryp .
Ek antwoord jou nie .
Jou oë fokus eers
toe gil jy .
Die deur vlieg oop
en jy spring
in my arms in .
Jou trane warm teen my wang
en jou lag
ontdooi my hart .
Ses maande in Irak
was hel .
( 04/05/2009 17h58 )
oog teen die loergaatjie
met ñ onseker : “ Wie’s daar ? ”
terwyl my skaduwee
onderdeur die deur
verlangend na jou voete gryp .
Ek antwoord jou nie .
Jou oë fokus eers
toe gil jy .
Die deur vlieg oop
en jy spring
in my arms in .
Jou trane warm teen my wang
en jou lag
ontdooi my hart .
Ses maande in Irak
was hel .
( 04/05/2009 17h58 )