Intiem, vurig begin hormone praat
stuur s.o.s seine oor en weer
van liefde op ‘n ruk-en-rolmaat
my minnaars-vingers komponeer
vir jou ‘n rock-ballade
op die klawers van jou lyf
kom testosteroon op parade
terwyl ek die regte note skryf
met klawer, tromme en simbaal
word komposisies luid gespeel
verstaan ons 'n nuwe liefdestaal
waarin ons tweetjies lustig deel.
2011/11/20 Joan Lotz
stuur s.o.s seine oor en weer
van liefde op ‘n ruk-en-rolmaat
my minnaars-vingers komponeer
vir jou ‘n rock-ballade
op die klawers van jou lyf
kom testosteroon op parade
terwyl ek die regte note skryf
met klawer, tromme en simbaal
word komposisies luid gespeel
verstaan ons 'n nuwe liefdestaal
waarin ons tweetjies lustig deel.
2011/11/20 Joan Lotz