FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    n Vroeg oggend gedagte

    Chantelle
    Chantelle


    Location | Ligging : Earth
    Posts | Bydraes : 15
    Points | Punte : 39
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-08
    Age | Ouderdom : 42

    n Vroeg oggend gedagte Empty n Vroeg oggend gedagte

    Post by Chantelle Fri 18 Nov 2011, 3:45 pm

    Vandag skryf ek van jou bestaan in die reen druppels wat klou teen my venster raam
    En druk saggies my vinger in die son se palet en heg n sonsopkoms aan jou naam
    Ek hang jou glimlag op met spykers van verlange soos n skildery teen my kamer muur
    En ek kyk na my vinger afdrukke wat vasplak binne die gedagtes van hierdie gebinde uur

    Hier verlang ek na jou in tye waar ek dit die minste kan hanteer
    Daardie oomblik waar mense kyk na die buitelyne van my seer
    Nou lees ek my hart se vraag in n traan wat afloop van n koerant se binne blaai
    En sukkel om n woord te vind wat vertel hoe my keuses my voetstappe verraai

    Sou ek ooit kon dink dat die afstand my hart vir so n draai kon neem
    Het ek jou sonder twyfel gevra of ek meer as net n glimlag kan leen

      Current date/time is Sat 27 Apr 2024, 4:23 am