FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

3 posters

    Hoe sê ‘n mens dankie…

    Net ek...
    Net ek...


    Location | Ligging : Krugersdorp, Gauteng
    Posts | Bydraes : 22
    Points | Punte : 49
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-16
    Age | Ouderdom : 45

    Hoe sê ‘n mens dankie… Empty Hoe sê ‘n mens dankie…

    Post by Net ek... Thu 17 Nov 2011, 3:57 am

    Vir die kaalvoet-dae toe Pa se sterk arms
    my uit die dorings optel.
    En Ma die een traan na die ander afvee
    met die tere aanraking van haar sagte vel.

    Hoe verwoord mens gevoelens…

    Vir die kere wat Pa en Ma diep gedelf het
    vir klere en dinge wat ‘n jonge hart begeer.
    As ek net toe reeds kon besef
    die waarde was eintlik soveel meer.

    Waar kry ‘n mens die woorde…

    As ek dink aan al die liefde
    wat so sonder skroom altyd om my is.
    Hande wat deur dag en nag daar is om my te vang
    en arms beskermend om my wat wreedheid uitwis.

    Hoe betoon mens ware, voldoende eerbied…

    Vir die lang ure in donker gange
    met ontploffings om Pa heen.
    Die middernagtelike opstaan
    om ‘n sieklike kind te ondersteun.

    Hoe sê mens dankie…
    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Hoe sê ‘n mens dankie… Empty Re: Hoe sê ‘n mens dankie…

    Post by Claira Summers Thu 17 Nov 2011, 6:34 pm

    Dit is n baie mooi vers jy. Uit n ouer se oogpunt is dit genoeg dankie om soveel dankbaarheid in jou werk te sien. Uit n kind se oogpunt, dis hoe ek ook my dank sou probeer verwoord.
    Enid
    Enid


    Location | Ligging : Wes Kaap
    Posts | Bydraes : 339
    Points | Punte : 509
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-05
    Age | Ouderdom : 51

    Hoe sê ‘n mens dankie… Empty Re: Hoe sê ‘n mens dankie…

    Post by Enid Sat 19 Nov 2011, 4:06 pm

    jy se dankie soos in die stukkie van jou besonders

    Sponsored content


    Hoe sê ‘n mens dankie… Empty Re: Hoe sê ‘n mens dankie…

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Thu 02 May 2024, 3:33 pm