FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Buskaartjies na my hart

    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Buskaartjies na my hart Empty Buskaartjies na my hart

    Post by Claira Summers Wed 16 Nov 2011, 6:06 pm

    Goeie more hart. Wou net graag laat weet dat daar nuwe soort buskaartjies beskikbaar is. Jy kan stukkies daarvan koop vir die doel om stukkies van jou te vervoer, na waar dit eintlik hoort.

    Daar loop Vrydag n half bus hierheen, jy kan vir halfprys n kaartjie koop vir daardie passievolle glimlag, jou betowerende oe en die sterk omhelsing wat my sal vas hou “Untill the world ends”
    Saam in die kompartement kan jy jou siel pak, dit is baie nodig om n halwe een weer heel te maak. n Halwe hart sal ook nie deug nie so pak maar die hele een in, net ingeval ons dit gaan benodig.

    Daar is egter net n een rigting kaartjie nodig vir die reis. Want ek sal jou nie weer terug gee nie, ek sal jou vir altyd wil hou, styf teen my wil hou.


    Groete Siel

      Current date/time is Thu 02 May 2024, 4:55 am