FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

+2
Louisa van Vliet
BennyB
6 posters

    My hart se kompas

    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    My hart se kompas  Empty My hart se kompas

    Post by BennyB Mon 21 Nov 2011, 11:15 pm

    Iewers onder ‘n volmaan
    lê ‘n hart in die sierige wit
    van ‘n lewende kosmos,
    waar ‘n droom se ster verskiet
    en tyd in ’n uurglas stol
    om nog ‘n onvergeetlike oomblik
    op die muur van jou hart te skryf

    as ek my alles en my drome opvou
    en voor jou voete lê,
    as ek kaal gestroop, op my knieë,
    jou voete soen
    sal jy vir my kan sê alles is okay
    en dat seer regtig nie meer saak maak
    want jy is hier ?


    maar dit is nou aand
    en my hart is weer aan't kompas soek
    na jou windverwaaide spore in die sand.

    BennyB
    © 20/11/2011 Barend Booysen
    Louisa van Vliet
    Louisa van Vliet


    Location | Ligging : Elsburg
    Posts | Bydraes : 101
    Points | Punte : 173
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-04
    Age | Ouderdom : 64

    My hart se kompas  Empty Re: My hart se kompas

    Post by Louisa van Vliet Tue 22 Nov 2011, 1:50 pm

    BennyB hierdie is 'n baie mooi gedig van jou, baie diep.
    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    My hart se kompas  Empty Re: My hart se kompas

    Post by Claira Summers Wed 23 Nov 2011, 2:00 am

    Baie konstruktiewe en beautifull beskrywende vers Benny. n Wonderlike oomblik in die verloop van die menslike tydvak, n onvergeetlike persoon. Puik gedoen na my mening.
    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    My hart se kompas  Empty Re: My hart se kompas

    Post by BennyB Wed 23 Nov 2011, 4:15 am

    Baie dankie vir die lees en comments julle twee. Waardeurd dit baie Very Happy
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    My hart se kompas  Empty Re: My hart se kompas

    Post by AmmieMoon Wed 23 Nov 2011, 9:16 am

    ...met veel meer verskuilde betekenis as wat die blote oog wil toelaat.....hierdie is beautiful Ben! Like a Star @ heaven
    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    My hart se kompas  Empty Re: My hart se kompas

    Post by BennyB Wed 23 Nov 2011, 3:06 pm

    Dankie Ammie, veel meer What a Face
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    My hart se kompas  Empty Re: My hart se kompas

    Post by anderkant Fri 25 Nov 2011, 5:22 pm

    Ek hou van die verskuilde temas wat Ben meermale in sy kundige en meesterlike hand neerpen. Jy het jouself oortref en my heeltemal uitgeknikker met hierdie vers Meester. Jy mag maar (gelukkig weet jy dit reeds).

    Jy laat my dink aan die water van die lewe en die rivier wat nooit ophou borrel nie. Elke dag genade - elke dag 'n pleit-gebed.

    Puik!
    SWERWER
    SWERWER


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 148
    Points | Punte : 163
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 67

    My hart se kompas  Empty Re: My hart se kompas

    Post by SWERWER Thu 01 Dec 2011, 9:35 pm

    Bennie,

    Liefde vir iemand en die hartstogtelike verlang is eenvoudig briljant gepen. Die sagtheid / teerheid in die manier wat jy hierdie vers skryf maak dat ek dit saggies met tussenposes lees want die is so mooi verwoord.

    Die drie strofes is pragtig opgedeel in n verlange, smeekgebed en n verslae soeke wat gemaak het dat ek dit oor en oor gelees het.

    Wat is dit die afgelope ruk met skrywers op FS soos Ammie, jy, anderkant en ander wat eenvoudig ontplof met die mooiste werk.

    Bennie soos anderkant se... jy mag maar!

    SWERWER
    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    My hart se kompas  Empty Re: My hart se kompas

    Post by BennyB Fri 02 Dec 2011, 2:39 am

    Baie dankie Rudi en Johan, julle is meer as nice met jul komentaar...eintlik weet ek nie wat om om te se nie! pirat

    Sponsored content


    My hart se kompas  Empty Re: My hart se kompas

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Wed 08 May 2024, 1:14 pm