FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

3 posters

    Winter in my lens

    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    Winter in my lens Empty Winter in my lens

    Post by BennyB Wed 16 Nov 2011, 2:49 pm


    so het ek gestap
    van geroeste Swakopmund
    tot lowergroen woude
    van Sabie en Knysna
    deur die hitte van die Boland
    tot in die grys kontras
    van die stad waar ek woon

    my wêreld
    het weer gelewe
    ystergordyne
    en rou steen mure
    is afgebreek
    en verwerk

    ek het gestap
    met my kamera in hand
    gesoek, gegrou
    en soms met bitter seer
    ook geleer
    in die onthou

    by kruispaaie
    blindings geraai
    waar die dag my sou vat
    want ek wou lewe
    vir nou

    in my lens
    het ek lewe vasgevang
    in my kop
    my hart
    en in my donker laatnag drome

    storm stom
    het lewe aangerol gekom
    deur my jongseun dae
    nog maar net 'n snuiter
    nattigheid agter die ore
    maar met die waagmoed van ‘n beer

    lang jare later
    staan ek op-die-plek-rus
    en bekyk die lewe
    uit ‘n heel ander hoek
    die seun in my is plek plek weg
    maar steeds in my bloed

    van kontinent na kontinent
    het my vlerk wyd gespan
    verken
    gesoek
    geleer
    en gevra

    die monsoon van die Ooste
    sneeu in Skotland
    die drukkende ekwator
    tot in die ysbyt van die hoëveld

    geleer
    gelewe
    gesien
    gevoel
    groot geword
    steeds klein in dieselfde asem

    vandag vra ek ander vrae
    soek ander paaie
    leef anders
    kyk anders
    dink anders
    sien anders
    voel anders

    maar aan die einde van die dag
    is dit steeds net ek
    soos ek die lewe
    deur my winter-lens aanskou.

    BennyB
    ©09/05/2011 Barend Booysen


    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Winter in my lens Empty Re: Winter in my lens

    Post by Rudi Coetzer Wed 16 Nov 2011, 3:45 pm

    die is epies.en groots.
    jou inleidingsstrofe is amazing.
    (al wat die lang gedig kort,is om nie so aan-een/aanmekaar te wees nie...maar om in so 4-6 dele opgedeel te word....[al is dit een lewe/een travel.....]...dan gaan dit perfek wees....ONTHOU: jy moet jou lewer kans gee om te pause,te herkou,te herlees,te dink..en aan te gaan.....anders verloor mens fokus en soms selfs belangstelling....sorg dat jou leser se aandag gehou word....nie net deur inhoud nie maar ook dmv struktuur.....)
    Enid
    Enid


    Location | Ligging : Wes Kaap
    Posts | Bydraes : 339
    Points | Punte : 509
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-05
    Age | Ouderdom : 51

    Winter in my lens Empty Re: Winter in my lens

    Post by Enid Sat 19 Nov 2011, 4:11 pm

    heerlike avontuur, as ek my oe toemaak kan ek dit nogal saam beleef, dankie

    Sponsored content


    Winter in my lens Empty Re: Winter in my lens

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Thu 02 May 2024, 7:35 pm