FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Om te laat gaan

    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    Om te laat gaan  Empty Om te laat gaan

    Post by BennyB Sun 06 Nov 2011, 1:23 pm

    Houtkruise lê wind verweer
    waar hittegolwe sinkplaat-dans
    op stil vlaktes van gister

    verwysings na seeroog en braakland
    lê verder klem
    waar drome miershoop in vlak grafte

    God en mens verlate
    'n doodse aarde
    ontneem van selfs ‘n hemelblou en
    beloftes van seën,
    die plek waar selfs die doodsengel
    nie sy verskyning maak nie
    'n groteske niks
    geen plaag
    niks

    tog smag ek na so plek
    na ‘n skaarploeg
    wat kleigrond kloof
    in dooie rooi se koue winters,
    waar selfs kakiebos soek na groen
    aan die ander kant van hier

    in hierdie verlatenheid
    sal ek weer leer voel
    waarlik voel hoe lewe deur my are vloei
    waar stilte musiek vir my gees sal wees,
    waar tyd nie bestaan
    waar hoop en geloof my weer sal heel
    van my swarte smarte

    op my knieë
    graaf my bleek hande
    in vlak grafte van seer,
    in die dieprooi van onthou -
    dis tyd om te laat gaan
    ek gaan dit maak.

    BennyB
    25/07/2011 Barend Booysen


    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Om te laat gaan  Empty Re: Om te laat gaan

    Post by Claira Summers Sun 06 Nov 2011, 10:07 pm

    Laat weet oor daardie wonderlike plek. Knap werk.

      Current date/time is Thu 09 May 2024, 9:16 am