FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

3 posters

    Laat my wegsmelt in jou

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Laat my wegsmelt in jou Empty Laat my wegsmelt in jou

    Post by Rudi Coetzer Tue 01 Nov 2011, 8:05 pm

    Laat my wegsmelt in jou

    in die vorm van jou heupe
    in die sag van jou vel
    in die rondings van jou borste
    in die kurwes van jou dye .

    Laat my wegsmelt in jou

    in die slank van jou nek
    in die arms van jou oë
    wat my nader trek .

    Laat my wegsmelt in jou

    in die holte van jou rug
    in jou ferm boude
    wat in die vat
    van my hande pas

    in jou liefste lieste
    wat my soms skaam ontvang
    en my altyd
    welkom laat voel .

    Laat my wegsmelt in jou

    in die ritme van jou lyf
    wat ek dankbaar met jou deel
    in die vulkaan van jou mond
    wat ons passie verseël .

    Laat my wegsmelt in jou .


    ( 23/03/2011 07h11 )



    Enid
    Enid


    Location | Ligging : Wes Kaap
    Posts | Bydraes : 339
    Points | Punte : 509
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-05
    Age | Ouderdom : 51

    Laat my wegsmelt in jou Empty Re: Laat my wegsmelt in jou

    Post by Enid Tue 01 Nov 2011, 8:23 pm

    ek kan nogal wegsmelt in die woorde - baie nice
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Laat my wegsmelt in jou Empty Re: Laat my wegsmelt in jou

    Post by Rudi Coetzer Wed 02 Nov 2011, 1:04 am

    Baie dankie Enid.
    Waardeer dit.
    Very Happy
    avatar
    Barend Steenkamp


    Location | Ligging : Bloemfontein
    Posts | Bydraes : 16
    Points | Punte : 24
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-02
    Age | Ouderdom : 67

    Laat my wegsmelt in jou Empty Re: Laat my wegsmelt in jou

    Post by Barend Steenkamp Thu 03 Nov 2011, 4:36 am

    Jou refrein in die gedig doen die ding.
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Laat my wegsmelt in jou Empty Re: Laat my wegsmelt in jou

    Post by Rudi Coetzer Thu 03 Nov 2011, 4:16 pm

    smile,ag dankie Barend.Waardeer dit.

    Sponsored content


    Laat my wegsmelt in jou Empty Re: Laat my wegsmelt in jou

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Mon 20 May 2024, 1:11 pm