FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Die onvoltooide gedig ( 7 )

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Die onvoltooide gedig ( 7 ) Empty Die onvoltooide gedig ( 7 )

    Post by Rudi Coetzer Wed 02 Nov 2011, 2:22 pm

    Ek is moeg
    vir my eie vlees en bloed
    om by die huis te kom
    en net my honde
    is daar om my te groet

    ek is moeg
    vir my eie geselskap
    vir die angswekkende stiltes
    van alleenwees

    ek is moeg
    vir die vrees
    wat aan my knaag
    dat jy niks
    vir my voel nie ,
    vir die twyfel
    wat jou stiltes in my kweek

    ek is moeg
    om jou lief te hê
    met my alles
    en om soveel
    van myself te gee ,
    soveel meer as ooit

    ek is moeg
    vir elke naweek se alleen wees
    vir elke naweek se sonder jou wees
    vir verlange wat in my brand

    ek is moeg

    ( 09/11/2008 23h26 )

      Current date/time is Fri 17 May 2024, 9:48 am