Sarkasties antwoord sy met ou bekende spleet tong…’met jou handjies skat’. Daar in die hitte van die gesprek....ewe skielik 'n stilte. Tasbaar soos 'n doodse donker stil. Realiteit steek diep in die binnekamers van seer waar self ’n normale dit nie eens sou waag nie! Stilte se ys gletsers breek en val hoog uit 'n witblits hemelruim soos 'n pyl uit boog na sy teiken in een swoosh slag. Iewers het dinge skeef gegaan, sy droom lê in bloed skerwe waar spieëlbeeld refleksies weerkaats in laatnag laser seer!
Haar reaksie soos gewoonlik kortaf sarkasties stomp toe sy mompel 'ag siestog bokkie' haar koppie terug gooi asof sy haar misnoeë vermakerig in sy gesig wil vryf. Ja nee, hier het meer gebeur as wat die oog kon sien.
Onder 'n volmaan het 'n doodsengel sag sag teen hom geskuur en 'n klam koue ril het sy vlees gestreel, aan hom bevestig sy tyd is steeds nie verby. Opgeruk en moerig staan hy terug en wil sê ' fok jou ' maar dan kalmeer hy weer want dis teen sy aard om ‘n doos te wees!
Sy draai om soos 'n top op speed, stap stoomroller die kamer uit en stop dood asof sy blind teen 'n muur vasloop. Huiwerig loer sy oor haar skouer terug na hom.
Sy weet haar optrede was totaal ongevraagd en weet dat sy ' the thin blue line ' oor getrap het. Sy weet sy het nou aangejaag! Helaas is dit te laat want die koei is deur die sloot, hoe nou gemaak? Gat lek sal nie help want sy sien in sy oë, die seer het koud en afsydig geword.
Hoe nou gemaak, haar houding stink...ja nog 'n gatskop of twee of was dit vannag die finale strooi.
Realiteit ruk haar terug aarde toe, kan sy nog red wat reeds verlore is? Met die dink sy daar is net een manier uit, sy weet mos goed waar mans se swakhede lê. Rokkie net onder die waterlyn opgetrek stap sy ewe wulps uitdagend nader en vroetel aan die pêrel knopies van haar bloes. Skaam skaam verspot uiter sy '' dis darem baie knopies om alleen los te maak ''
'' Pppfff '' mompel hy iets, net genoeg dat sy nie kan hoor nie. Wat, wat sê jy daar? Is hierdie een van daai half swak aansit poging en die ek-sukkel-amper-patetiese-houding? Mmm ..
Net daar strip sy haar moer en met 'n wip van haar cute gat stap sy swaai swaai by die skuifdeur uit.
Hy kry so stoute amper skok bly uitdrukking op sy gesig, dit was die laaste sien van haar. Sy het vergeet dat die stoep se handreling buite die skuifdeur af is weens herstel en die waarskuwing 'PASOP - GEVAARLIK' nie daar gesit is om verder haar moer te koer nie. Peace @ Last...I repeat...Peace @ Last
I AM FREE AT LAST !
Op die laaste oomblik draai sy om vir oulaas die laaste woord in te kry, op dieselfde oomblik wat sy ma by die voordeur instap. 'n Koue wind ruk deur sy hart.'' Ek gaan nou rook, verduidelik jy maar aan jou moedertjie hoekom die ma van haar kleinkinders vanaand in die hotel slaap….Oops, ek het vergeet om jou te sê, baie geluk!''
Soos sy na benede val, flits haar lewe verby. Miskien moes ek minder harde gat wees, maar fok hom ook! Met hierdie gedagte tref sy die sypaadjie en word haar beeld verewig geprent in beton ! Hy staan bo en kyk vanuit sy arendsnes en weet in haar laaste selfsug daad is hy weer in sy moer. Sonder vrou, kind of kraai en 'n moontlike lewenslange booking by C-Max anderkant Boomstraat, Pretoria.
BennyB
© 24/10/2011 Barend Booysen