KLIP-KASTEEL
Met al die klippies
wat jy in my hart kom los
bou ek vir ons twee
‘n moerse klip-kasteel
die mure is maar bros
maar dit kos nie veel
sement is daar genoeg
maak dit bymekaar
met jare se wroeg
plak dit vas met
gips en snot en spoeg
meubileer jy weer vandag
ons klip-en-gips-kasteel
jirre weet ek vra nie veel
‘n bed vol dorings
‘n paar glas torings
en ‘n hardehout stoel
dalk sal jy môre weet
wat ek bedoel
Ons kasteel het nie
een venster nie
want jy hou nie van
my sonskyn nie
my lag hang nie
teen jou mure nie
altyd is dit trane-klam
koud en erg benoud
pikdonker binne-in
maar vir jou
maak dit sin
LIZELLE 04/06/2011
Met al die klippies
wat jy in my hart kom los
bou ek vir ons twee
‘n moerse klip-kasteel
die mure is maar bros
maar dit kos nie veel
sement is daar genoeg
maak dit bymekaar
met jare se wroeg
plak dit vas met
gips en snot en spoeg
meubileer jy weer vandag
ons klip-en-gips-kasteel
jirre weet ek vra nie veel
‘n bed vol dorings
‘n paar glas torings
en ‘n hardehout stoel
dalk sal jy môre weet
wat ek bedoel
Ons kasteel het nie
een venster nie
want jy hou nie van
my sonskyn nie
my lag hang nie
teen jou mure nie
altyd is dit trane-klam
koud en erg benoud
pikdonker binne-in
maar vir jou
maak dit sin
LIZELLE 04/06/2011