FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Klip gedagtes

    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

     Klip gedagtes  Empty Klip gedagtes

    Post by BennyB Mon 31 Dec 2012, 2:10 am

    Ek verwyder myself
    uit hierdie dag en nag
    van klank en stank
    en staan terug
    vir 'n oomblik.

    Hier in laatnag skadu's
    los ek alles net vir nou
    teleurstellings
    drome
    beloftes
    verwagtings en verwydering
    los ek onder 'n volmaan
    by 'n plat klip in tyd.

    Handpalms na hemele oop gevou
    is ek kaal gestroop
    van pretensie en verwagting
    na die soeke van 'n antwoord.

    Ek laat los
    stremmings en bande van gister,
    laat val my skouersak
    vol fyn gemaalde klip,
    laat my hart vlerke kry en vlieg
    al is dit net vir nou

    net vir nou.

    BennyB
    © 28/12/1012 Barend Booysen

      Current date/time is Fri 19 Apr 2024, 2:59 pm