FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    dooie man -

    ansiebeets
    ansiebeets


    Location | Ligging : Somerset Wes
    Posts | Bydraes : 64
    Points | Punte : 118
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-12
    Age | Ouderdom : 54

    dooie man - Empty dooie man -

    Post by ansiebeets Sat 15 Oct 2011, 4:59 am

    Dooie Man

    Ek sien sy gesig, sy lyf
    iets binne in my ruk
    hier le hy in die pad
    waarheen is sy siel gevat ?

    wie is die dooie man
    het iemand hom geken ?
    wie weet wie hy regtig was !

    ek wonder wie ek is
    wie my werklik ken ?
    wie ek regtig is

    deel ons - onsself
    ken my man my goed genoeg
    sal my kinders my onthou
    sal iemand oor my huil
    sal dit iemand werklik skeel ?

    gee dat ons vandag en elke dag voluit leef
    gee dat ons werklik kan vergeef
    gee dat ons opregte liefde gee

    gee dat ons waardeer
    wat U aan ons toevertrou
    elke asemteug te koester

    iets van myself te gee
    elke dag
    nie valslik, voor te gee !

    die streep kom dalk te gou
    dalk onverwags DIE dag as ek iets verbrou
    nooit die kans kry
    om jammer te herkou !

    © Ansie Beets
    ansiebeets *>~ab


      Current date/time is Fri 03 May 2024, 12:29 am