FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Verlange is soos dooie maan

    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Verlange is soos dooie maan Empty Verlange is soos dooie maan

    Post by AmmieMoon Fri 09 Sep 2011, 5:21 am

    'n bakhand vol sterreprag
    in 'n bodemlose nag
    waar ek jou stukkend mis tussen gisterlag
    en môre se verskroeide hoop

    droog my hande aan sagte moeselien
    en kyk hoe die enamel waskom leegloop
    terwyl my gedagtes blikaspaai
    by jou

    ek verlang,
    sukkel om gate toe te stop
    wat oopval soos ek struikel oor
    jou skaduwees en fronse

    weeg jou nabyheid in pennies en ponde,
    voel armoede kleef aan lyntjies
    in my hande wat wandelpaaie oopkloof
    reguit na jou toe

    toe gaslampe doof en donker spoke dans
    tussen grondseil en tent,
    kies ek 'n volkleur droom vol van jou,
    snoes dit in my slaapsak
    en verbeel my dis jou hand
    wat slaapwarm sluimer teen my bors.


    © 2010 Almarie Truter

      Current date/time is Fri 03 May 2024, 8:52 am