FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Bruids Lied

    Manie Jackson
    Manie Jackson


    Location | Ligging : Wonderboom Pretoria
    Posts | Bydraes : 119
    Points | Punte : 319
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 46

    Bruids Lied Empty Bruids Lied

    Post by Manie Jackson Mon 05 Sep 2011, 4:37 pm

    Jou skoonheid hou my besig.
    Jou groot oe in die sonlig.
    Jy die vlam van ‘n bosveld vuur.
    Brand die son, uit jou hare teen die middag uur.
    Jou glimlag kabbelend in ‘n bergstroom.
    Word jy die werklikheid van ‘n droom.

    Vars soos die lente oggend waar jy sit.
    Omvou en sag in sneeu wit.
    Lint en kant, konings blou.
    As jy die ruiker in jou hande hou.
    Sluit jou beeld die more oop.
    Alles verhelder in kleure waar jy loop.

    Vlinders en meisies in jou pad.
    Wat blom blare strooi, blinkers op die mat.
    Jou bruidegom- hart se kroon.
    Snak hy, as jou verskyning sy oe beloon.
    Verfrissend soos die middag reen.
    asemrowend soos die berge om ons heen.

    Die middag son se strale kom dan speel.
    Voels vladder nader om in die vreugde te deel.
    Verruklik die dame, die uur se opspraak.
    Die vrou gekies wat hom gelukkig maak.
    Jou teenwoordigheid maak almal bly.
    geseend die man wat jou mag kry!


    Manie Jackson 22/7/2011




      Current date/time is Sat 27 Apr 2024, 10:27 pm