FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Lied vir Leila

    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Lied vir Leila Empty Lied vir Leila

    Post by Claira Summers Mon 26 Sep 2011, 3:29 pm

    LIED VIR LEILA


    Jy met jou snippermandjie lewe,
    jy versinnebeeld die sonde wat jy doen
    Jy met somber denke onbevlek, regverdig om te verdoem
    Waar vandaan jou leemtes, en hoe verward jou woord
    Jy verdraai die lewe in kringe, hoe dan ook weer voort
    Jou oë die donker poorte van jou hart se diepste seer
    Wil jou hartstog vêr verbloem en jou gevoel betyds beheer
    O, Leila klink my honger sang,
    Leila jy het die bordjies verhang

    Jy met jou skrywers omnibus, ʼn oor vir die kuns: opgekrop
    Uit jou hande kom skoonheid, uit jou pen die genot
    Jy’s vasgevang maar ongerep,
    jou brose siel deurboor ʼn ydel web
    Aan jou geketting deur die optelsom,
    bereken op jou abakus tot Armageddon
    O, Leila rig jy jou lewensweë,
    jy is soos die kleur van die son oor die see
    Verraderlik staar jou liefde alom,
    vêr van die wete van eer verkrom

    Leila soete kind van die son,
    vyand van die goeie: verward, vermom
    maak die passie jou in krom handjies groot
    van jou kleintyd van stilte uit die moederskoot.
    O, soete Leila jou skoonheid maak seer,
    vergeet van die passie, onthou tog jou eer.
    avatar
    Guest
    Guest


    Lied vir Leila Empty Re: Lied vir Leila

    Post by Guest Tue 27 Sep 2011, 1:01 am

    Leila ons is kinders van Ra, leef dit in sonskyn,.. wees dit en hou jou liefde styf want vele wil daardie sonskyn steel die kinders van die son leeg tap soos elikser van jeug leeg suip! Jou werk is asemrowend!
    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Lied vir Leila Empty Re: Lied vir Leila

    Post by Claira Summers Tue 27 Sep 2011, 1:07 am

    Ek dank jou - niemand het nog met sulke oe na my werk gekyk nie, julle positiewe terugvoer begeester my opnuut - selfvertroue omhels my skeppings lus

    Sponsored content


    Lied vir Leila Empty Re: Lied vir Leila

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Fri 03 May 2024, 3:41 am