wyl stuk stuk grepe
uit liggaam skeur
geur die tong met dagga en paljas,
glip 'n pasdeel los
vir soutigheid om 'n leegte skoon te was.
klou ek
aan jou
aan hom
aan ons
aan niks wat was -
my hart dom teen rooi;
'n swakke poog
om bakhand-kommetjie jou reste op te vang,
as robynsteen
aan die hemel op te hang.
kiwisoet die franke bries -
saad hou aan
om vrugbraak in my lende
brand te slaan
en ek keer
dat dood van binne
nie 'n grafskrif teen my buidel smeer.
wyl stuk stuk grepe
uit liggaam skeur
geur die tong met dagga en paljas,
glip 'n pasdeel los
vir soutigheid om 'n leegte skoon te was.
© 2011 Almarie Truter