FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Omega

    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Omega Empty Omega

    Post by anderkant Fri 25 Nov 2011, 4:48 pm

    Skor krys my naam ten heem’le

    - verby blou-wit krans se spits;

    bevrore liggaam plek-plek monument van mens se wil


    onbesoek ontbreek elk hartsvlag

    aan die kruin – tog,

    by die maan was hul lank reeds al


    elders voed ‘n tarentaal:

    die oorvol wees van ‘n bosluis

    tot barstens toe gevul met bloed


    rooi bloed, ‘n volk se bloed.

    ek raak stil in die wete

    - my hart sal aanhou klop.


    (c) 2011 Rudi Prinsloo

      Similar topics

      -

      Current date/time is Thu 02 May 2024, 6:51 am