FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Die begin *

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Die begin * Empty Die begin *

    Post by Rudi Coetzer Sat 03 Sep 2011, 4:50 pm

    Op die sewende dag
    het god
    ( dit was vroegoggend
    dit was somer

    na ses dae se harde werk
    na ses onrustige nagte )

    sy hemp afgstroop
    en met determinasie
    sy loop
    oor die plat aarde gekry-
    stof het om sy kaalvoete gepluim .

    Toe het hy
    met job se geduld
    in ñ inspirerende
    en kreatiewe bui
    groot rots
    na groot rots
    opmekaar begin pak

    ( hy’t regs voor begin
    en stelselmatig terug-gewerk )

    en sy sweet het gevloei .

    Teen twaalfuur
    daardie middag van die sewende dag
    seer gebrand
    en moedeloos moeg
    na ure se swoeg
    het hy besluit
    om vir ñ uur te rus
    oop oë
    plat op sy rug
    in die skaduwee
    van ñ boom gaan lê
    tussen die blare-plafon deur
    na die wolke gestaar
    wat vrolik en speels
    allerhande prentjies baar

    en ñ hoopvolle-glimlag
    het om sy
    mondhoeke gesprei.

    Presies op die uur
    het hy opgestaan
    met nuwe vuur
    in sy hart
    ( skouers trots teruggetrek )
    vir ñ oomblik
    sy oë op na die hemel geslaan
    en vinnig teruggestap
    na die plek
    waar hy sy werk
    skuins na dagbreek
    begin het .

    Toe het hy
    met job se geduld
    in ñ inspirerende
    en kreatiewe bui
    groot rots
    na groot rots
    opmekaar begin pak

    ( hy’t links voor begin
    en stelselmatig terug-gewerk )

    en sy sweet het gevloei .

    Kort daarna
    het sy hande begin bloei
    en toe het sy
    trane begin val

    ( en sy sweet
    en sy trane
    het bymekaar gevloei
    en ñ rivier gevorm
    van suiwer-skoon helder water )

    maar god
    het hom onverpoos vermoei .

    Later daardie middag
    van die sewende dag
    skuins voor sononder

    ( die son het reeds verdwyn
    agter die regterkanste sandsteenkranse
    wat hy teen twaalfuur voltooi het )

    in die koue van die kranse
    se skaduwees
    het god sy hemp aangetrek
    en met ñ trek van pyn
    op sy bebaarde-gesig
    die laaste sandsteen-rots
    met moeite ingeskuif op sy plek

    toe met trots
    en bewondering teruggestaan
    om na sy handewerk te kyk .

    Toe het hy
    sy bebloede hande
    met sy hemp afgevee
    vorentoe getree
    en moeg
    met sy voete
    in die water
    gaan sit .

    Later
    toe die volmaan
    nuuskierig-geelgoud
    eenoog bo die kloof verskyn
    en vir god gekreukel uit die rivier loer
    het god opgestaan
    sy hande
    oor die rivier uitgestrek

    ( god was tevrede
    met die plek )

    en sy handewerk geseën .

    Die kranse
    het bo god uitgetoring
    stil groots
    misterieus in die nag
    en die rivier
    het nederig
    vol van god
    se sweet en traan’
    voor sy voete verbygevloei .

    god het op sy knieë gegaan
    ñ bakhand vol koel-water opgeskep
    en dit stadig
    terug deur sy vingers
    laat drup .

    “ Ek doop jou Klein Sterkrivier ”
    het god gefluister
    en toe in die oomblik
    van sy dankbare uur
    in sy oomblik
    van welbehae

    “ jy mens sal ses dae
    per week swoeg en sweet
    maar jy moet weet :
    die sewende dag sal jy rus . ”

    Toe het god
    sy kop moeg neergelê
    en die naggeluide
    het hom aan die slaap gesus .


    ( * Mabote River Lodge
    20/07/2011 21h59 )









    Attachments
    Die begin * AttachmentMabote Die begin.jpg
    Dankie Feetjievrou vir die stunning pic(moeilik om te glo jou 2 megapics selfoon kamera neem sulke fotos..jys n natural)
    You don't have permission to download attachments.
    (24 Kb) Downloaded 0 times


    Last edited by Rudi Coetzer on Thu 08 Dec 2011, 6:12 pm; edited 3 times in total
    avatar
    Guest
    Guest


    Die begin * Empty Re: Die begin *

    Post by Guest Wed 07 Sep 2011, 11:09 pm

    Rudi!!!! ek is spraak loos die is seker een van jou mooiste werke ooit!! dit is manjefiek man!! ek klap jou sommer oor +komkol jy is 'n inspirende digter ek het die hele dag saam beleef kon dit sien!!!
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Die begin * Empty Re: Die begin *

    Post by Rudi Coetzer Thu 08 Sep 2011, 3:22 am

    hehehe.smile..ag dankie.....skryf mos maar oor alles en enige iets..........gediversifiseerd...en all....smile.waardeer baie.
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Die begin * Empty Re: Die begin *

    Post by anderkant Tue 04 Oct 2011, 6:36 pm

    Hoekom hierdie vers so min kommentaar ontlok het ontgaan my. Ek stem saam met Ronel dat +Komkol nou en dan smeek vir 'n klap wanneer mens die dag by hierdie verse van jou te staan kom. Jy is 'n digter "with substance" en soms raak ek gefrustreerd deur jou "ligter" verse - maar so is elkeen van ons uniek en ons is multidimensionele wesens wat nie uit "een vlak" bestaan nie. Aanvanklik wil ek beswaar aanteken teen die kleinletter "god" maar merk later die "job" en met die verloop van die vers ontstaan die gedagte by my dat waarin jy ookal glo die boodskap universeel is. Die wonders wat slegs daardie "onsienbare" mag kan bewerkstellig is buite ons bereik - op die sewende dag sal ons rus, anders breek ons dalk alles af wat ons in die vorige 6 dae bereik het - reduseer dit dalk tot niks. Hierdie vers is in my boek "epies". Onaantasbaar groots. Jy het 'n oomblik in tyd geneem en tot "onaantasbare" grootsheid verhef - meesterlik gedoen.
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Die begin * Empty Re: Die begin *

    Post by Rudi Coetzer Tue 04 Oct 2011, 6:43 pm

    baie dankie....ek waardeer dat jy die moeite gedoen het om die ene te gaan lees...(ek dink hieride is my 'een'-gedig van my digters-loopbaan......
    ja jys reg..dis universieel en spiritueel.....
    (en nie beperk tot n spesifieke godsdiens nie.......alhoewel die Christelike-skepping as verwysingsraamwerk gebruik is......).

    DANKIE weereens......

    ( o....ek dink digters moet meer divers skryf...en enige tipe werk kan skryf.....hulle horisonne verbreed.....en nie stagneer nie.....elke gedig is n monument..al is elke monument nie mooi nie.....mens moet oor alles kan skryf..erenstig..tong in die kies..met humor..sonder humor..oor seer..vreugde..sosoiale komtr..ens..ens.......en mens nie self beperk nie.....min digters doen dit..en min digters kan dit doen....maar dis iets om na te streef......ook om uit daai boksie en gemaksone uit te klim.....) affraid
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Die begin * Empty Re: Die begin *

    Post by anderkant Tue 04 Oct 2011, 6:52 pm

    Jou boodskap ontgaan my nie - hierdie is beslis "een" van die groot verse van jou "digter-wees", maar, "een" daarvan, jy het nog lank nie die laaste sin neergepen nie, nog lank nie jou selfverkenning voltooi nie. Min digters kan alles omskryf - jy is reg. In daardie opsig moet ek nog baie groei en leer.

    Sponsored content


    Die begin * Empty Re: Die begin *

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Sat 27 Apr 2024, 7:32 am