FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Nuwe kontinente

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Nuwe kontinente Empty Nuwe kontinente

    Post by Rudi Coetzer Sat 03 Sep 2011, 4:26 pm

    Daar waar jou lieste
    na binne val
    jy so bekend plooi
    en soms honger blom vir my

    daar waar jy my laat mal
    verdwaal tussen die deurmekaar
    komberse en lakens van ons kooi

    daar waar ek en jy
    in oomblikke wat die heelal
    maar kan vergaan soos lawa inmekaar
    invloei en dis okay want ons vorm
    nuwe kontinente en laat tyd stilstaan .

    Daar waar ons liggame dein
    en gloei , ons soos super nova’s
    in mekaar se hemelruim ontplof
    en skouspelagtig in ñ sterrereën
    sintuiglik in die oomblik tussen ons
    in mekaar se oë verskiet .


    ( 31/08/2011 03h02 )
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Nuwe kontinente Empty Re: Nuwe kontinente

    Post by AmmieMoon Sun 04 Sep 2011, 1:00 pm

    Ai Rudi,daar is min skrywers wat die sensualiteit van passie kan beskryf soos jy ! Hierdie is voorwaar een van jou uitsonderlike pennevrugte ! Stunning!

    ammie
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Nuwe kontinente Empty Re: Nuwe kontinente

    Post by Rudi Coetzer Mon 05 Sep 2011, 1:48 pm

    [quote="AmmieMoon"]Ai Rudi,daar is min skrywers wat die sensualiteit van passie kan beskryf soos jy ! Hierdie is voorwaar een van jou uitsonderlike pennevrugte ! Stunning!

    ammie[/quote]

    AG dankie Ammie...MOes net aan die nuwe kontinente geboorte gee.
    Very Happy

    Sponsored content


    Nuwe kontinente Empty Re: Nuwe kontinente

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Sun 28 Apr 2024, 7:32 am