FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Toe dink ek terug…

    Isabel Q
    Isabel Q


    Location | Ligging : Paarl, Western Cape
    Posts | Bydraes : 40
    Points | Punte : 62
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-14
    Age | Ouderdom : 43

    Toe dink ek terug… Empty Toe dink ek terug…

    Post by Isabel Q Fri 23 Sep 2011, 5:03 pm

    nog in ontvoering meegevoer as ek aan jou dink
    herinneringe van goeie tye wat my al nader wink
    nooit weer sal dit wees soos dit lank terug was
    sal gebroke harte ooit die stukke terug kan pas

    die vlam binne my gloei nog vuur vuur warm
    skreeuende verlange wat in donker nagte weergalm
    soms voel ek jou agter my staan, soete asem in my hare
    as ek stap hoor ek jou stem in wind wat waai deur herfs blare

    koud is al die nagte, hier is winter in ‘n woestyn hart
    kyk diep in my oë, wat sien jy daar anders as verlange, smart
    slote geskeur, in flarde lê wat eens was ons drome
    ‘n oorstroming van gevoelens, weggevoer in maal strome

    hunkering na jou glimlag, warmte wat uit jou straal
    tyd was nie aan ons kant, hierdie nie ons verhaal
    haat kan ek jou nooit, al sou ek ook probeer
    lief bly ek jou altyd, al maak dit nog so seer…

    11-01-2011

      Current date/time is Mon 06 May 2024, 7:19 pm