FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    In vier seisoene vind ek jou

    hanlie Leach
    hanlie Leach


    Location | Ligging : Delareyville Noord Wes
    Posts | Bydraes : 27
    Points | Punte : 71
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-15
    Age | Ouderdom : 66

    In vier seisoene vind ek jou Empty In vier seisoene vind ek jou

    Post by hanlie Leach Tue 20 Sep 2011, 3:28 am



    In malse lande vol groen en goud
    gebuigde hoofde vol beloftes van
    lewe en hoop groeiend op my
    in vier seisoene vind ek jou,
    Jou oë is die hemelse blou
    wat die vol verwagte wolke
    in hulle sagte voue vashou.
    Die glinsterstrale van die son
    het jou glimlag vasgevang
    stuur hom na my wanneer
    ek so eensaam na jou verlang.
    Jou liefde groei soos 'n rooi
    papawerblom in die woestyn
    kosbaar soos geen ander
    trotseer wind en weer
    niks sal dit ooit verander.
    Jy maak my warm soos die
    somerson laat my soos 'n
    goudgeel sonneblom groei
    tot ek my oes van liefde
    in jou skoot uitgooi.

    Ook trek jy soos 'n herfswind
    deur my omgee en liefdeslyf
    verf kwistige hale helder
    kleur strepe deur my verlang
    strooi vlaag vir vlaag goud
    en bruin genades om my voete
    'n kombers om my warm te hou.
    Bietjie vir bietjie stroop jy
    my kaal sodat ek weerloos
    in jou seisoen staan met
    gestroopte emosies wat
    oral op my leë lyf uitslaan
    jy trek soos voorwinter deur
    my bang lyf vir dit wat wag,
    in die wind hoor ek jou koggellag
    as jy eenkant na my staan en staar
    wetend ek is eintlik weerloos
    teen jou.

    Jou koue wasem asem blaas
    genadeloos in die holte van my nek
    kan my nie teen jou verweer
    die besluit is nie myne om te neem
    jy vat wat jy wil hê sonder om
    een enkele keer vir my te vra,
    ek heeltemal versteen, verstom
    onder jou wit ysjas wat jy
    styfpassend om my vou.
    Jy pers en mergel elke greintjie
    lewenlus en vreugde uit my
    eens warm omgee lyf
    gee nie om oor die pyn wat
    diep binne in my seerkry lê
    spierwit vasgeys.....
    wagtend dat jy weer jou rug
    weg sal draai van my
    jou wit gesig sal verdwyn
    en ek weer in die holte van
    n eens beloofde warm
    liefde sal kan lê.

    In verstarde verdwaasdheid
    jou koue vingers nog nie vergeet
    word ek van iets in my bewus
    wat n herinnering aan jou in
    my koue verlanglyf wakker maak
    die gevoel hoe jy teersag aan
    my als verloor kaal lyf raak,
    soekend tas jy oor my rond na
    uitgeswelde botsels wat soos
    hoendervleis op my kaal lyf uitslaan
    dis waar jy die groei van my hart kry.
    Teer het ek die lewe in my oopgevou
    niks vir my selfsug teruggehou
    met oorgawe gebot en geblom
    tot jy my kom pluk om my in
    hierdie blomseisoen by jou te hou.
    avatar
    Guest
    Guest


    In vier seisoene vind ek jou Empty Re: In vier seisoene vind ek jou

    Post by Guest Tue 20 Sep 2011, 3:45 am

    'n pragtige ode !

      Current date/time is Mon 13 May 2024, 7:03 am