FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Vier Jaargetye in die Hoëveld

    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    Vier Jaargetye in die Hoëveld Empty Vier Jaargetye in die Hoëveld

    Post by Torm Tue 20 Dec 2011, 4:40 pm

    Herfs is wanneer blare swerf
    en soos sonne op die lui herfsaarde sterf,
    maar saam met dood kom ook altyd lewe -
    die plan is ver bokant smart verhewe.

    Dit is die beperktheid van die lig wat aan
    winter my die ergste vang en my moed betig -
    die winterwind waai die karige skrefies sonlig
    dwarsdeur Hitchcock takke tot anderkant die koue maan.

    My lief is die eerste lentereën
    die wolk majesteit se gulde seën.
    Wit soos wolk sketse is dit teen die blou
    voor kleurkwas liefde vloei oor doeke van jou.

    Lug-spoke dans daar op die dak,
    dans-dans op elke stukkie sink en teer -
    gaap-gaap kraaie, trap-trap miere tot die somerson sak,
    en tot Herfs ons red, brand ons more weer.

    © Torm 2011 (Uit: Kwatryne)

      Current date/time is Sun 28 Apr 2024, 9:57 pm