FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

3 posters

    Vier siesoene

    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    Vier siesoene Empty Vier siesoene

    Post by Torm Mon 07 Nov 2011, 9:50 pm


    Herfs
    Herfs is wanneer blare swerf
    en op die lui herfsaarde sterf,
    maar saam met dood kom ook altyd lewe -
    die plan is ver bokant smart verhewe.

    Winter
    Dit is die beperktheid van die lig wat aan
    die winter my die ergste vang en my moed betig -
    die winterwind waai die karige skerfies sonlig
    dwarsdeur Hitchcock takke tot anderkant die koue maan.

    Lente
    My lief is die eerste lentereën
    en die wolk majesteit se gulde seën.
    Wit soos wolk sketse is dit teen die blou
    voor kleurkwas liefde vloei oor doeke van jou.

    Somer
    Lug-spoke dans daar op die dak,
    dans-dans op elke stukkie sink en teer -
    gaap-gaap kraaie, trap-trap miere tot die son sak,
    en tot Herfs ons red, brand ons more weer.

    © Torm 2011
    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Vier siesoene Empty Re: Vier siesoene

    Post by Claira Summers Tue 08 Nov 2011, 2:02 am

    In my opinie, n baie goeie beskrywende gedig Torm. Hier kan mens nie kies watter seisoen nou eintlik die mooiste is nie.
    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    Vier siesoene Empty Re: Vier siesoene

    Post by Torm Wed 07 Dec 2011, 8:35 pm

    Haai ek het die een gemis. Baie dankie, Claira Summers !
    SWERWER
    SWERWER


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 148
    Points | Punte : 163
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 67

    Vier siesoene Empty Re: Vier siesoene

    Post by SWERWER Wed 07 Dec 2011, 9:24 pm

    Middag Torm,

    Elke seisoen is deur jou ewe goed uitgebeeld. Jou beskrywing van elke een bring n gevoel van bekenheid by my op waarmee ek onmiddelik identifiseer. Jou reimskema en die manier hoe jy dit afwissel lees vir my lekker. Ek het waardering vir hierdie werk van jou!

    Voorstel: Miskien sou ek die"en en die" uit die eeste drie strofes (tweede reel) gelaat het.

    Herfs is wanneer blare swerf
    op die lui herfsaarde sterf,

    Dit is die beperktheid van die lig wat aan
    winter my die ergste vang en my moed betig

    My lief is die eerste lentereën
    die wolk majesteit se gulde seën.



    Subjektief my gevoel maar dit werk net beter vir my. Wat dink jy?

    SWERWER
    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    Vier siesoene Empty Re: Vier siesoene

    Post by Torm Wed 07 Dec 2011, 11:30 pm

    Swerwer, ek dink jy is in die kol. Ek verbeel my selfs ek wou dit al doen kort na die plasing lank gelede en toe't ek weer vergeet. Maar dalk is dit net omdat die verandering so maklik op die oor val.
    Kyk gerus ook na my nuwe "Jare van verandering" want ek is blykbaar vir 'n verandering in the mood vir struktuur (nie my gewone element nie.)

    Sponsored content


    Vier siesoene Empty Re: Vier siesoene

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Mon 13 May 2024, 11:35 pm