FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

+7
Nico10
Rudi Coetzer
BennyB
Enid
Bigteddybear
girllivinginherdreams
anderkant
11 posters

    drie

    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    drie Empty drie

    Post by anderkant Fri 16 Sep 2011, 2:26 pm

    vanoggend stik ek aan trane
    wat in my keel afstort; dit gebeur
    as jy leer om te huil soos dit betaam:
    na binne.

    ek rou oor die verlies
    van jou wat ek nooit sal ken nie;
    (my gewete vergun dit nie)
    'n self-opgelegde weerhouding gepas.

    jy, wat my volle man-wees sou vra;
    my ware passie sou ontketen
    en in die drif van my asem,
    in die gloed van elke korrel sweet,
    my behoefte sou herken,
    my menswees érken

    jy,
    wat my in die middernag-uur
    - wyl jy stiltetyd in jou hart hou -
    nie voor jou God sou ontken nie.

    vir nou is drie kinderharte
    elke dag se nuwe moed
    vir nou
    is dit genoeg

    © (2011) Rudi Prinsloo
    Alle regte voorbehou / All rights reserved





    Last edited by anderkant on Mon 19 Sep 2011, 5:57 pm; edited 4 times in total
    avatar
    Guest
    Guest


    drie Empty Re: drie

    Post by Guest Fri 16 Sep 2011, 2:35 pm

    "as jy leer om soos 'n man te huil na binne"
    daar reeds het jy my ingetrek in jou woorde
    jou werk leer my elke dag meer van n ware man,....
    en n brilliante digter!
    girllivinginherdreams
    girllivinginherdreams


    Location | Ligging : Swakopmund Namibia
    Posts | Bydraes : 76
    Points | Punte : 106
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 43

    drie Empty Re: drie

    Post by girllivinginherdreams Fri 16 Sep 2011, 2:39 pm

    Rudi...ek rou saam...die gedig is so mooi, so opreg ek ken die gevoel (n in ander maaneer)
    ek staan by jou as jy my soek is ek hier.
    Ek weet ek kan die wereld nie verander nie, maar ek glo dat op n maaneer kan ek dit meer dragbaar maak.
    Sterkte
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    drie Empty Re: drie

    Post by anderkant Fri 16 Sep 2011, 2:40 pm

    Ronel en Nicky, dankie vir julle lees. Ek staan klein en nederig dat julle iets goeds daarin kan vind.
    avatar
    Guest
    Guest


    drie Empty Re: drie

    Post by Guest Fri 16 Sep 2011, 2:44 pm

    dis nie goed nie dit is rou en eerlik en seer en brilliant verwoord
    Bigteddybear
    Bigteddybear


    Location | Ligging : Sudan / South Africa
    Posts | Bydraes : 15
    Points | Punte : 17
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 63

    drie Empty Re: drie

    Post by Bigteddybear Fri 16 Sep 2011, 5:09 pm

    Dit is mooi maar so verkeerd dat ons as mans nie mag normaal huil nie! Hoekom na binne huil en die seer bly net rou~!
    avatar
    Guest
    Guest


    drie Empty Re: drie

    Post by Guest Fri 16 Sep 2011, 5:19 pm

    Big, vir my is dit die kenmerk van n ware man een wat sy hart se pyn kan "uithuil" wat kan werklike emosie toon
    Enid
    Enid


    Location | Ligging : Wes Kaap
    Posts | Bydraes : 339
    Points | Punte : 509
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-05
    Age | Ouderdom : 51

    drie Empty Re: drie

    Post by Enid Fri 16 Sep 2011, 6:22 pm

    ek stem, mans moet huil anders draai hulle erg verkeerd uit...man sonder emosie, dit werk nie vir my nie
    avatar
    Guest
    Guest


    drie Empty Re: drie

    Post by Guest Fri 16 Sep 2011, 6:25 pm

    'n man wat kan huil sonder skaamte , seer he sonder skaamte vergifnis kan vra en gee sonder skaamte,.. dit is n man
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    drie Empty Re: drie

    Post by anderkant Fri 16 Sep 2011, 7:25 pm

    Big-T, Ronel, Enid - nogmaals dankie uit my hart vir julle deelname. Hierdie is my verhaal - die na binne huil is soms nodig wanneer jy pa is vir jou kinders en hulle die onnodige vrae en hartseer wil spaar. Hulle is nog te jonk, te jonk om te verstaan en ek gaan hulle nie daarmee opsaal nie. 'n Traan is myns insiens nie skande nie, ek het 'n heeltemal te klein hartjie om die trane elke keer weg te sluit. Nietemin, wanneer dit by my kinders kom dan sluk ek die knop en verstik daaraan voordat ek vir hulle wys ek het seer. Vir hulle is ek die een wat hulle beskerm, raadgee en laat lag. Hulle gaan grootword en die wêreld gaan hard en wreed genoeg wees. Hierdie is my eie "issue" en daarom keer ek terug en hanteer dit van "binne", in stilte. Ek wou elkeen van my kinders bitter graag gehad het en ek is hulle dit verskuldig - al stem almal nie altyd daarmee saam nie.
    Bigteddybear
    Bigteddybear


    Location | Ligging : Sudan / South Africa
    Posts | Bydraes : 15
    Points | Punte : 17
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 63

    drie Empty Re: drie

    Post by Bigteddybear Mon 19 Sep 2011, 6:42 pm

    Rudi, my vriend. Ek is 51 en is seker die enigste man in my familie wat kan huil. Dit is iets wat ek moes aanleer en nie spyt oor is nie. Vandag moet ek self 'n snesie gryp as ek 'n nice movie sien. Ag, en ander kere huil ek sommer as ek baie gelukkig is of die liefde tussen mense sien. En ek gee ook nie om wie dit sien of wat hulle se of dink nie. Nog nooit het ek gevoel ek is minderwaardig nie maar ek wwet ek voel beter en sommer skoner en kan ook baie makliker vergewe na 'n lekker huil. As kind het my Pa ons goed gedonner as ons gehuil het. 'n Man mag nie gehuil het nie, nie 'n ander man gesoen het nie al was hy jou Pa of broer. Vandag soen ek hom en hy haat dit, ek soen my broer en ook my beste pals saam metb 'n lekker Hug!

    Ek het my kind van kleins af begin leer dat hy mag huil, hy my mag soen en ek wil 'n drukkie van hom af he en vir hom se ek is LIEF vir hom!!

    avatar
    Guest
    Guest


    drie Empty Re: drie

    Post by Guest Mon 19 Sep 2011, 6:54 pm

    Applous vir jou Big jy maak my harkie week!
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    drie Empty Re: drie

    Post by anderkant Mon 19 Sep 2011, 7:20 pm

    Big-T, jy verdien my respek. Dankie vir jou oop gemoed.
    avatar
    Guest
    Guest


    drie Empty Re: drie

    Post by Guest Mon 19 Sep 2011, 7:41 pm

    I do believe Gentlemen, than men who cry inward will drown their souls in their own tears!
    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    drie Empty Re: drie

    Post by BennyB Mon 19 Sep 2011, 9:27 pm

    Sjoe lees ek nou twee manne se snik erkennings. As jong skool seun was daar nie plek vir huil nie. Jy moes opstaan, jou pak vat en mag nie terugstaan vir niemand. Ek was 'n bliksim op 'n stadium, seker meer waagmoed as brains. Toe kom die weermag en is dinge heel anders as skool, nog erger want hier fight jy om survival. Genade toe begin my loopbaan as koerant fotograaf laat 80's. Dood was niks, 'n elke dag se werklikheid. Die seer van mense se oe sal my ewig jaag tot wie weet waar. Huil wat is dit,nee genade tog!

    Eendag sit ek in Burgers park en moes voorblad foto vir die koeraant neem van Carrols by candel light . Genade wat was die, ek geharde pers fotograaf doen mos nie die tipe bog nie...
    dit was seker my dag, oordeelsdag as jy wil. Deur my lens sien ek 'n klein meisiekind, haar ken rus sag op haar handjies en oe wat droom verlore na glas engeltjies kyk. Dit was dit, my hele ek is braaf, ek is dapper en is BliksimB het in duisend stukkies in mekaar gebreek. Daai dag het ek die eerste keer werklik gehuil. Dis jammer want ek het op soveel van myself uitgemis...
    Puik vers Rudi en dankie!
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    drie Empty Re: drie

    Post by Rudi Coetzer Tue 20 Sep 2011, 3:36 am

    die gedig is verskeie redes uitsonderlik.....nie net as uitlaatklep nie...maar die komplikasies wat agter die beautiful eenvoud le......dink die kwalifiseer as groots.
    *hugs*
    avatar
    Guest
    Guest


    drie Empty Re: drie

    Post by Guest Tue 20 Sep 2011, 3:44 am

    kyk as n werk moet na page 2 toe gaan in kommentare dan is dit voorwaar n meesterstuk!
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    drie Empty Re: drie

    Post by Rudi Coetzer Tue 20 Sep 2011, 3:47 am

    onthou net sat elke response(amper soos replies op kmtre...) tel......dit warp die statistieke....jyt bv seker al vier-5 keer hierop respond net by jouself...maar een feit staan soos n paal bo water:dis n uitstaande sielswerk en uitstaande gedig
    avatar
    Nico10


    Posts | Bydraes : 57
    Points | Punte : 122
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-12
    Age | Ouderdom : 38

    drie Empty Re: drie

    Post by Nico10 Tue 20 Sep 2011, 3:49 am

    Baie goeie vers!
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    drie Empty Re: drie

    Post by AmmieMoon Tue 20 Sep 2011, 11:44 am

    ''...jy,
    wat my in die middernag-uur
    - wyl jy stiltetyd in jou hart hou -
    nie voor jou God sou ontken nie...''....- Die omvang van hierdie woorde kloof 'n hiernamaals......Ek wonder baie keer tot hoe 'n mate 'n leser inklim in die ware essensie rondom en binne spesifiek gekose woorde....Hier kan ek net 3 tree terugstaan en respek betoon aan skrywer en taal tegelykertyd.....en dan die 'offer' in die slotstrofe ....Rudi, wat kan ek sê : Ek en Wisperer het 'n tyd gelede oor 'offers' 'n gesprek gehad en ek is steeds van mening dat die mens wat liefhet 'n rou hand gedeel word vir die reg om dit te mag proe.....Dit behoort nie so te wees nie....liefde immers die kroon van 'n Skepper en sy skepping......steeds stapel ieder van ons elke dag aan ons klipaltaar, slag volmaakte lammers en dissekteer ons siel omdat ons dit durf waag het om buite grense of norme te bemin.... Ek staan stil..... Like a Star @ heaven
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    drie Empty Re: drie

    Post by anderkant Tue 20 Sep 2011, 12:54 pm

    Benny, Rudi, Ronel, Nico10, Ammie; julle eer my met julle "groot" kommentare. Ek staan nederig en klein langs hierdie vers en my respek vir julle maak my nog kleiner. Baie dankie weereens. Opreg.
    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    drie Empty Re: drie

    Post by Torm Tue 20 Sep 2011, 8:46 pm

    Ek dink die gedig vertel nog meer as wat hierbo erken word, die werklike rede vir die weggesteekte huil. Dit daargelaat.
    Dit is eintlik arrogant van my (want ek's 'n nobody) maar what the hell, EK dink jy het as digter sigbaar gegroei, van krag tot krag gegaan, in die relatiewe kort tyd wat ek jou werk al lees.
    Jy is 'n held vir dat wat jy jou kinders spaar totdat hulle oud genoeg is. 'n Held.
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    drie Empty Re: drie

    Post by anderkant Wed 21 Sep 2011, 4:10 pm

    Torm - jy is geensins 'n "nobody" nie en ek is dankbaar vir jou kommentaar. Mense, ek moet volle erkenning gee aan Marie Bredenkamp (MCE - soos sy ook elders bekendstaan) vir haar waardevolle hulp om hierdie vers in die regte rigting te stuur. Sy is grotendeels verantwoordelik vir die resultaat. Sy het my opnuut bewus gemaak van die verantwoordelikheid wat op elke skrywer se skouers rus. Ek is haar ewig dankbaar.
    Julia Hill
    Julia Hill


    Location | Ligging : All Around The World
    Posts | Bydraes : 151
    Points | Punte : 259
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 53

    drie Empty Re: drie

    Post by Julia Hill Fri 23 Sep 2011, 12:56 pm

    Anderkant, ek staan verstom (in complete awe!) - this is beautiful, painful, raw - just incredible. Thank you for sharing - you are a true hero! A man that can feel beauty, pain, heartbreak and (in other works joy) - I salute you for your strength - thank you for sharing this here xx
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    drie Empty Re: drie

    Post by anderkant Fri 23 Sep 2011, 5:29 pm

    Julia, I am humbled by your kind comments. Thank you so much.

    Sponsored content


    drie Empty Re: drie

    Post by Sponsored content

      Similar topics

      -

      Current date/time is Tue 07 May 2024, 10:01 pm