FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

4 posters

    Lente...

    Isabel Q
    Isabel Q


    Location | Ligging : Paarl, Western Cape
    Posts | Bydraes : 40
    Points | Punte : 62
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-14
    Age | Ouderdom : 43

    Lente... Empty Lente...

    Post by Isabel Q Thu 15 Sep 2011, 2:08 pm

    wanneer amber-gloed sonnetjie skyn
    ‘n belofte van warmte word nader gewink
    warmte wat die koue sal laat weg kwyn
    …en elke bedroefde gedagte gesink in winter harte
    laat verdwyn

    ‘n nuutwording van aards grond
    vrolik vlieg haastige bytjies rond
    om nektar uit pas gebore bloeisels te vang
    vanuit elke boom kom harmonieuse gesang

    ou akker-reus pronk weer trots
    bedek met nuut vol-bos groen blaar prag
    daar’s weer vrolikheid wat in hom rots
    wat skuil in ou akker – veilig dag en nag

    ‘n plaat van kleure en geure
    wat elke sintuig bevredigend verbly
    natuur maak weer wyd oop haar deure
    na ‘n horison blomme net waar die oog heen gly

    ‘n ontploffing soete parfuum
    sweef deur bloue hemel
    in neuse op geneem
    en gestoor diep binne-in die hart

    in elke stappie ‘n vrolike wip
    ‘n opgewonde glimlag op elke lip
    in elke oog ‘n vonkelende glans
    in elke tree sy eie unieke dans

    met oë effens gesluit
    raak ek stil vir ‘n oomblik
    word ek vasgenael in hierdie oomblik
    ‘n oomblik in tyd
    waar ek elke sintuig bevry

    elke sappigheid
    wat voor my afspeel
    met waardering geniet
    en besef
    met nederige dankbaarheid
    elke seisoen
    getrou op sy tyd
    en vir nou
    is dit weer heerlike lente
    die winter
    is vir eers verby…

    © I.Q
    05-09-2011
    Alle regte voorbehou / All rights reserved


    Last edited by Isabel Q on Thu 15 Sep 2011, 6:38 pm; edited 1 time in total
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Lente... Empty Re: Lente...

    Post by anderkant Thu 15 Sep 2011, 2:12 pm

    Ai, hierdie is pragtig. 'n Uitgerekte kommentaartjie gaan hier net oneer aanrig. Werklik pragtig.
    Isabel Q
    Isabel Q


    Location | Ligging : Paarl, Western Cape
    Posts | Bydraes : 40
    Points | Punte : 62
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-14
    Age | Ouderdom : 43

    Lente... Empty Re: Lente...

    Post by Isabel Q Thu 15 Sep 2011, 2:17 pm

    Baie baie dankie! Ek waardeer opreg!
    Enid
    Enid


    Location | Ligging : Wes Kaap
    Posts | Bydraes : 339
    Points | Punte : 509
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-05
    Age | Ouderdom : 51

    Lente... Empty Re: Lente...

    Post by Enid Thu 15 Sep 2011, 3:06 pm

    ek stem Rudi, ek hou van jou beskrywing en die woorde wat jy hier gebruik het, hou so aan
    avatar
    Nico10


    Posts | Bydraes : 57
    Points | Punte : 122
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-12
    Age | Ouderdom : 38

    Lente... Empty Re: Lente...

    Post by Nico10 Thu 15 Sep 2011, 4:12 pm

    Dis besonders ja. Dink dis goed gedoen. Wonder net oor jou strofe 7 se reël 1, “moet oë effens geluit”. Is dit ‘n uitdrukking wat ek nie ken nie, of ‘n klein tikfoutjie? Wonder nou. Sal graag daardie uitdrukking wil baasraak as dit een is wat ek nie ken nie.
    Isabel Q
    Isabel Q


    Location | Ligging : Paarl, Western Cape
    Posts | Bydraes : 40
    Points | Punte : 62
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-14
    Age | Ouderdom : 43

    Lente... Empty Re: Lente...

    Post by Isabel Q Thu 15 Sep 2011, 6:37 pm

    Baie dankie Enid en Nico - ek waardeer julle opmerkings...
    Nico - moet "met" wees, nie "moet" nie...baie dankie dat jy dit vir my uitwys...sal dit reg maak! Hehe soms werk die vingers so 200km / h vinniger as die brein Wink

    Sponsored content


    Lente... Empty Re: Lente...

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Thu 02 May 2024, 3:00 pm