FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Spore

    hanlie Leach
    hanlie Leach


    Location | Ligging : Delareyville Noord Wes
    Posts | Bydraes : 27
    Points | Punte : 71
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-15
    Age | Ouderdom : 66

    Spore Empty Spore

    Post by hanlie Leach Thu 15 Sep 2011, 1:54 am

    Afrdraaipaadjies kruis en dwars
    voetpaadjies deur my hart gestap
    stilhouplekkies waar jy vuur
    gemaak het in my lyf
    ek in die hitte van jou gloed
    myself en my hart verloor het
    nou lê my spore is die as

    as spore kon verlei
    jou kon weglei van jouself
    sou ek my voete in daardie
    spore wou vind waar ek
    kan vergeet van gister
    selfs vandag se seer daar
    wou laat agterbly

    daar in die voetpaadjie
    stof getrap dwars deur
    my afdraaipaadjie hart
    waar onthou oomblikke
    langs die pad staan
    soos padpredikante
    op wag vir more se lag

    hul eggo's hol klanke
    in spore na jou gestap
    myle se ure van onthou
    waar ek my langs hierdie
    pad na jou hart kry
    my spore die tekens
    dat ek daar in jou was

    lê die spore van verlang
    jou arms om my gevou
    ook in jou hart as jy die
    pad van onthou vat
    ken jy elke klip en baken
    langs hierdie wrede pad
    waarop die noodlot ons vat.

      Current date/time is Wed 08 May 2024, 3:16 am