FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Nuwe spore (2)

    Elmi
    Elmi


    Location | Ligging : Kaapstad
    Posts | Bydraes : 28
    Points | Punte : 70
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-07
    Age | Ouderdom : 55

    Nuwe spore (2) Empty Nuwe spore (2)

    Post by Elmi Thu 26 Apr 2012, 3:12 am

    Dalk is dit maar die spore oor my rug wat my so sensitief maak oor skoene.

    Vanaand het jy gou kom groet voor jy vertrek Pretoria toe vir 'n maand. 'n Koue hoendervleis het oor my uitgeslaan toe my oë jou skoene vang. Navy blou, wit veters, en wit gestik op die nate. Nee!

    "En nou die skoene?", het ek gevra. Jy het dit afgemaak met 'n handgebaar deur die lug en 'n "dit is gemaklik". Gelukkig was jy haastig, en ek te stomverbaas om enigiets verder kwyt te raak.

    Ek kon nou eers 'n duidelike sms stuur om te sê: "ek weet dit het niks met my te doen nie, maar sê net asseblief vir my dat jy nie vandag met daardie skoene werk toe is nie".

    Ironies hoe amper twaalf jaar se aanbidding van die grond waarop iemand loop, in 'n kwessie van sekondes kan verkrummel tot droeë, bros skerwe klei....

    Elmi©

      Current date/time is Fri 29 Mar 2024, 12:17 pm