FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Blik aspaai speel

    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Blik aspaai speel Empty Blik aspaai speel

    Post by Claira Summers Sat 21 Apr 2012, 4:01 am

    Tree vir tree
    vorder ons darem
    wanneer ons blik aspaai speel
    met wawiel arms
    heen en weer swaai
    rond en bond draai
    vergesel my na die land
    van kind wees my skat
    waar ons dag na dag
    huis-huis speel soms lag
    wegkruipertjie aan is
    in die geraamte kas
    saam in ons sorge
    die trein verpas
    wanneer dit donker word
    in die tuin van verraad
    sal ek jou saggies inpak
    in my boks tas jou saamvat
    na die land waar ons droom
    waar ons saam is vir altyd
    en niemand ons deurboor
    met die dolk van die lewe
    die vuur van die nood
    wanneer ons pop speel
    met lewens wat wag vir die dood
    die klein lappies vreugde
    wat Hy ons net leen
    Vader dan vra ons
    U daaglikse seën

      Current date/time is Fri 26 Apr 2024, 8:33 pm