FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Huis-huis speel...

    Net ek...
    Net ek...


    Location | Ligging : Krugersdorp, Gauteng
    Posts | Bydraes : 22
    Points | Punte : 49
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-16
    Age | Ouderdom : 45

    Huis-huis speel... Empty Huis-huis speel...

    Post by Net ek... Tue 10 Jan 2012, 12:30 pm

    Ek love dit om huis-huis
    saam met jou te speel.
    Die eerste koppie koffie
    met jou te deel.
    Die "Mis jou. Mwa"
    deur die dag van jou kry.
    En te weet op daai oomblik
    dink jy net aan my...

    Die kosmaak saam
    terwyl ons glase klink.
    Die musiek op die radio
    wat my laat dink
    aan hoe volmaak
    geluk mens laat voel
    in hierdie wêreld,
    die groot warboel.

    In jou arms lê
    ek weer vanaand,
    net soos voorheen
    en soos gisteraand.
    Die reën wat hard
    op die dak neerplons,
    wat ritme bring aan
    hierdie wêreld van ons.

    Jy laat my lag
    en jy laat my giggel.
    Ek's mal oor die dinge
    wat jy my soms vertel.
    En wanneer jy my
    in jou arms toevou...
    Dan weet ek weereens
    ek's absoluut mal oor jou!

    Ek love dit om huis-huis
    saam jou te speel....

      Current date/time is Fri 29 Mar 2024, 7:01 am