Vroegmôre
hang mis
sy kantgordyn
swierend oor die rivier
baljaar tuit-lip
tussen riete
dans oor rimpels
oor sirkels
en visnet-tou
die lug is stil
die maan
hou haar asem op
wanneer son
soos ’n gougodin
waterbreek
en ‘n lyn skyn
waarin wolke
lui-lag-lekker
vroegmôre
in kan spieël.
Vroegmôre
hang mis
sy kantgordyn
swierend oor die rivier
en dit voel
net ek en jy
is hier.
hang mis
sy kantgordyn
swierend oor die rivier
baljaar tuit-lip
tussen riete
dans oor rimpels
oor sirkels
en visnet-tou
die lug is stil
die maan
hou haar asem op
wanneer son
soos ’n gougodin
waterbreek
en ‘n lyn skyn
waarin wolke
lui-lag-lekker
vroegmôre
in kan spieël.
Vroegmôre
hang mis
sy kantgordyn
swierend oor die rivier
en dit voel
net ek en jy
is hier.
- Attachments
- Vroegmôre.JPG
- You don't have permission to download attachments.
- (2.8 Mb) Downloaded 0 times
Last edited by Camsica on Fri 23 Mar 2012, 4:10 pm; edited 1 time in total