FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Geluk soos ewige vreugde

    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Geluk soos ewige vreugde Empty Geluk soos ewige vreugde

    Post by Claira Summers Tue 17 Jul 2012, 1:54 am

    Roesrooi die blare na die windsang in die vallei
    dit bymekaar gehark het
    soos ek vir jou en jy vir my
    saamgevoeg deur hemels hande
    tesame vir ewig
    gesmee is ons bande
    as jy eendag oud word
    sal ek aan jou sy bly waak
    sal diep spore trap in die tydvak
    wat geluk se meegaan bewaar
    as ek uitkyk oor die meer
    wat voor ons huisie le
    vertolk ek net die tyding
    wat die lewe vir ons kan he
    in myself voel ek veilig en warm
    in jou arms vind ek rus
    vir jou en my is dit n ewige vryspraak
    van wat ons uit die lewe berus
    nie die rykdom van n miljoenêr nie
    nie die motors van n Engelse prins
    in die saamwees en salige ritme
    van wat wil he, en saam kan bind
    dis geluk en langdurige vreugde
    as n mens op sy plekkie kom
    die plekkie, net reg vir n spesiale paartjie
    die plekkie, waar ons saam kan blom
    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    Geluk soos ewige vreugde Empty Re: Geluk soos ewige vreugde

    Post by BennyB Mon 26 Nov 2012, 4:14 pm

    NICE! Dankie vir die deel!

      Current date/time is Fri 29 Mar 2024, 1:02 pm