FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Toontjie in die sand

    Carol Lourens
    Carol Lourens


    Location | Ligging : Vaaldriehoek
    Posts | Bydraes : 5
    Points | Punte : 15
    Join date | Datum aangesluit : 2012-01-24
    Age | Ouderdom : 66

    Toontjie in die sand  Empty Toontjie in die sand

    Post by Carol Lourens Wed 25 Jan 2012, 2:46 am

    Ek trek vir jou 'n hartjie met my toontjie in die sand

    In koel see-briesies met splinter spat soutwater op my wang

    Kreukel lekker in verlusting as skuim-branders hom kom gryp;

    sleep rol trek tot by die kalm van 'n skatkis

    Waar meermin skalks om seewier loer en soentjies blaas

    terwyl 'n horde see diertjies knipoog vir mekaar

    en Dolfyntjies laggend bokspring in hul dans

    Ek trek dan weer 'n hartjie met my toontjie in die sand

    Dan spoeg jou dank offer; 'n massa skulpies op die rand

    Carol Peyper Lourens
    21/12/2011

      Similar topics

      -

      Current date/time is Sat 27 Apr 2024, 4:28 am