FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

3 posters

    Ek wou vir jou die maan gaan pluk

    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Ek wou vir jou die maan gaan pluk Empty Ek wou vir jou die maan gaan pluk

    Post by Claira Summers Mon 14 Nov 2011, 3:58 pm

    Wou vir jou die maan gaan pluk
    daar waar sterre groei aan bome
    wou vir jou n sonstraal vang
    en bere erens in my drome
    as jy weer daar kom inloer
    wil ek jou nader tou
    in my slierte arms
    jou vir altyd hou

    Wou vir jou die wolke bymekaar hark
    daar waar die wind en reen ontmoet
    wou net vir jou die see op skep
    sonder dat iemand iets vermoed
    as jy weer verby trippel onverhoeds
    wil ek jou stewig vasketting
    tot net ek en jy in ons self vernou
    met my speletjie siel
    jou in my toevou

    Wou vir jou die vlamme steel
    daar anderkant die berg
    wou net vir jou n doudruppel verf
    in reenboog kleur verberg
    ek wou jou betower
    oorval en verruk
    met my versteekte lag
    jou teen my hart aandruk


    Last edited by Claira Summers on Sun 08 Jan 2012, 1:37 pm; edited 2 times in total (Reason for editing : Hierdie is die beter weergawe)
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Ek wou vir jou die maan gaan pluk Empty Re: Ek wou vir jou die maan gaan pluk

    Post by Rudi Coetzer Mon 14 Nov 2011, 7:12 pm

    mal oor die eerste 4 reels van elke strofe.
    dis besonders.en uitstekend neergepen.
    die res van die gedig pla woordoorde hier en daar....en is dit of elke strofe bq uitrafel na die eerste 4 reels.en doen dit nie die eerste 4 reels van elke strofe justice nie.
    let ook op op jou spelling hier en daar.
    Smile
    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Ek wou vir jou die maan gaan pluk Empty Re: Ek wou vir jou die maan gaan pluk

    Post by Claira Summers Mon 14 Nov 2011, 7:21 pm

    Dit pla my ook!! Sal nog bietjie skaaf aan die een. Dankie baie jy.
    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Ek wou vir jou die maan gaan pluk Empty Re: Ek wou vir jou die maan gaan pluk

    Post by Claira Summers Sun 08 Jan 2012, 1:38 pm

    Dankie Rudi, het bietjie gaan skaaf in die nuwe jaar, aan ou gunstelinge met probleempies.
    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    Ek wou vir jou die maan gaan pluk Empty Re: Ek wou vir jou die maan gaan pluk

    Post by Torm Sun 08 Jan 2012, 9:26 pm

    Ek dink dis pragtig.
    Die wooord wou laat die vraag van wat het toe eintlik gebeur in die plek daarvan. Maar ek dink dis seker wat jy wou doen, om die vraag onbeantwoord te laat. Met ander woorde dis effens hartseer, want jy sou nie die vraag onbeantwoord gelaat het as dit gebeur het soos jy wou nie.
    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Ek wou vir jou die maan gaan pluk Empty Re: Ek wou vir jou die maan gaan pluk

    Post by Claira Summers Mon 09 Jan 2012, 3:46 am

    Dankie vir die lees en kommentaar Torm. En ja dit het nie, "The sadness of life personified" Ironies maar ja. Dankie weereens hoor.

    Sponsored content


    Ek wou vir jou die maan gaan pluk Empty Re: Ek wou vir jou die maan gaan pluk

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Sat 27 Apr 2024, 9:34 am