FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Feëtjievrou ( 18 )

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Feëtjievrou ( 18 ) Empty Feëtjievrou ( 18 )

    Post by Rudi Coetzer Sun 01 Jan 2012, 12:51 am

    Jy lê op jou sy
    op ñ reuse blaar
    deur die wind sag
    aan die slaap gesus
    en ek verwonder my
    aan jou altyd-lag
    wat nou vreedsaam rus
    in vrede-plooitjies
    om jou mond om jou oë .

    Suutjies seil ek op my maag
    saggies tot by jou
    om die pragtige voortjies
    vlinder-vinger-versigtig
    liefdevol te skets .

    Ek voel hoe jou
    sonwarm-vel
    die lig
    in my oë laat ontwaak
    vreugde in my binneste
    laat opwel
    die vuur
    in my hart aansteek
    en my siel diep aanraak .

    Feëtjievrou , in hierdie uur
    wat stilstaan
    vir jou en my
    in ons Sprokieswoud
    besef ek weereens –
    by jou het ek my plekkie
    in die son gekry .


    ( 31/12/2011 18h06 )
    Camsica
    Camsica


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 66
    Points | Punte : 118
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-12
    Age | Ouderdom : 42

    Feëtjievrou ( 18 ) Empty Re: Feëtjievrou ( 18 )

    Post by Camsica Sun 01 Jan 2012, 12:59 am

    Flippen yeah! Nog 'n gedig vir jou Feëtjievrou-bundel is gebore!
    Wow! Dit is beautiful verby, baby!!!
    xxx
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Feëtjievrou ( 18 ) Empty Re: Feëtjievrou ( 18 )

    Post by Rudi Coetzer Sun 01 Jan 2012, 2:45 pm

    groot smile vir jou....jip....dit het lank gevat Baby...en toe is ek nie te seker oor die titel nie....(het oorweeg om dit My feetjievrou ( 2 ) te maak..)...
    Baie dankie...
    Bly jy hou daarvan .
    I love you

    Sponsored content


    Feëtjievrou ( 18 ) Empty Re: Feëtjievrou ( 18 )

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Fri 26 Apr 2024, 6:14 pm