FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Feëtjievrou ( 6 )

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Feëtjievrou ( 6 ) Empty Feëtjievrou ( 6 )

    Post by Rudi Coetzer Fri 30 Sep 2011, 2:04 pm

    Jy slaan my asem weg
    met jou bestaan
    en maak onbewus seker
    dat jou innerlike
    wat jy so agter jou oë versluier
    my nie een oomblik ontgaan .

    In my hart se voel en fyn
    waar jou lig
    aandster-helder skyn
    beplan en strategeer ek
    ontwerp en skets ek
    skuur en skaaf ek
    soos ñ onbekende argitek
    aan sy loopbaan
    se mylpaal-projek :

    aan my en jou .

    En in hierdie tyd
    van leef en lag
    van oomblikke vir altyd
    tussen my en jou
    is dit dag vir dag
    se vreugde ervaar
    se vreugde gedeel
    wat werklik saakmaak
    wat werklik tel .

    As jy tussen die lyne lees
    en diep binne-in jou weet
    en diep binne-in jou voel
    wat ek jou in diè gedig vertel

    weet net dat ek dankbaar is
    om jou te kan ken
    en elke woord bedoel .


    ( 19/03/2011 21h19 )

      Current date/time is Mon 06 May 2024, 6:40 pm