FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

4 posters

    Kort na middernag

    Elmi
    Elmi


    Location | Ligging : Kaapstad
    Posts | Bydraes : 28
    Points | Punte : 70
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-07
    Age | Ouderdom : 55

    Kort na middernag Empty Kort na middernag

    Post by Elmi Mon 07 Nov 2011, 4:23 pm

    Hy braak 'n jammer oor haar sku hoekom
    en van die tafel tot die vloer
    val 'n kortaf aalmoes-krummel suur

    Gloeiend rooi die veragting sluier
    oor oë starend uit skadus teen die muur
    geduldig gewag vir die laaste lag

    Weggesteekte voetpad gelei tot hier
    tot by die bakhuis van gesteelde tyd
    honger drif versmoor in laaste as

    Skrefies lig lok deur 'n verweerde deur
    haar vlerke gesprei in sonlig vry
    dit was, dit is, dis water onder die brug

    Elmi ©
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Kort na middernag Empty Re: Kort na middernag

    Post by Rudi Coetzer Mon 07 Nov 2011, 5:50 pm

    Hou hiervan.
    veral ook jou slot.
    (die gedig se matter'of/fact/kliniese -way pla my biekie...maar dalk pas dit juis by die boodskap/prentjie...)
    SWERWER
    SWERWER


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 148
    Points | Punte : 163
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 67

    Kort na middernag Empty Re: Kort na middernag

    Post by SWERWER Mon 07 Nov 2011, 7:33 pm

    Hi daar Elmi,

    Waar val jy nou eers uit. Jy moes al lankal op FS gewees het met werk soos die. Jou vers is deurspek met die wonderlikste woordspel en beeldspraak gevolg deur n meesterlike ontknoping. Ek vir een wil jou graag verwelkom en hoop dat ons nog baie meer sulke goeie werk van jou sal sien en geniet.

    Benewens die feit dat ek gaande is oor die vers hou ek ook van die feit dat jy my dogter se naam ELMI deel. :-)

    SWERWER
    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    Kort na middernag Empty Re: Kort na middernag

    Post by Torm Tue 08 Nov 2011, 1:31 am

    'n Insident wat betekenisvol juis na middernag beskryf word. Dit was interessant.
    Elmi
    Elmi


    Location | Ligging : Kaapstad
    Posts | Bydraes : 28
    Points | Punte : 70
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-07
    Age | Ouderdom : 55

    Kort na middernag Empty Re: Kort na middernag

    Post by Elmi Tue 20 Dec 2011, 11:21 pm

    ekskuus julle! my kop is nie altyd aan my lyf vas nie, en ek het nou eers gesien dat daar kommentare op my werk is. Baie dankie Smile)
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Kort na middernag Empty Re: Kort na middernag

    Post by Rudi Coetzer Wed 21 Dec 2011, 1:36 pm

    Surprised

    Sponsored content


    Kort na middernag Empty Re: Kort na middernag

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Fri 26 Apr 2024, 5:11 pm