Haar bene strek tot aan die hemel.
Haar glimlag drup suiker soet.
Oe wat glinster met geheime.
Hare wat wit val oor haar skouers
Haar hals is pure verleiding.
Haar heupe, beloftes van groener weiding
Goue ketting om die voet.
Volmaak gevorm, perfek, begeerlik.
Hoe kan hy weerstand bied?
Volkome vrou!
Haar glimlag vlei sy hart
As sy hom in die donker uur
Aan die hand kom lei, sy hart vol begeerte!
Bring sy hom in die tempel van ekstase,
Vol warmte, purper, linne en plesier!
Drink hy wyn, oorvloedig uit haar glas !
Smoor sy enige gewete.
Bedwelm sy, sy gegewe rede.
Eet hy uit haar hand die vrugte.
Die aarde om hom heen het geskud.
Sy het hom op die berg laat sit.
Het hy die wat vir hom wag vergeet.
Sy vrou en kinders by die huis,
Wie is sy, die skone skim
Wat weg is as die more klim.
En sit hy ontnugter en met berou.
Verlang hy na die vreemde vrou.
Onthou hy net nou haar lag.
Sy het hom met haar skoonheid betower.
Haar hande sag.
In n oomblik hom verower!
Het sy die mat onder hom uit getrek
Val hy hard, sukkel om te verstaan.
Sy wat hom die man gemaak het!
Is die ma van sy kinders se begrip van liefde heel anders.
As van die vrou laas nag in sy arms.
Alles wat hy begeer het, in haar gesien.
Maar in die more is hy uitgedien!
Sy kan nie aan n verhouding werk nie.
Behoort nie aan sy kerk nie.
Geen toekoms kan sy saam met hom bou nie.
Nie gemaak om ooit te trou nie.
Kinders wil sy nie versorg nie.
Toon sy nooit enige berou nie.
Sal hy haar ook nooit kan vertrou nie.
Daarom is sy in die eerste plek. Nie sy vrou nie.
Manie Jackson
Haar glimlag drup suiker soet.
Oe wat glinster met geheime.
Hare wat wit val oor haar skouers
Haar hals is pure verleiding.
Haar heupe, beloftes van groener weiding
Goue ketting om die voet.
Volmaak gevorm, perfek, begeerlik.
Hoe kan hy weerstand bied?
Volkome vrou!
Haar glimlag vlei sy hart
As sy hom in die donker uur
Aan die hand kom lei, sy hart vol begeerte!
Bring sy hom in die tempel van ekstase,
Vol warmte, purper, linne en plesier!
Drink hy wyn, oorvloedig uit haar glas !
Smoor sy enige gewete.
Bedwelm sy, sy gegewe rede.
Eet hy uit haar hand die vrugte.
Die aarde om hom heen het geskud.
Sy het hom op die berg laat sit.
Het hy die wat vir hom wag vergeet.
Sy vrou en kinders by die huis,
Wie is sy, die skone skim
Wat weg is as die more klim.
En sit hy ontnugter en met berou.
Verlang hy na die vreemde vrou.
Onthou hy net nou haar lag.
Sy het hom met haar skoonheid betower.
Haar hande sag.
In n oomblik hom verower!
Het sy die mat onder hom uit getrek
Val hy hard, sukkel om te verstaan.
Sy wat hom die man gemaak het!
Is die ma van sy kinders se begrip van liefde heel anders.
As van die vrou laas nag in sy arms.
Alles wat hy begeer het, in haar gesien.
Maar in die more is hy uitgedien!
Sy kan nie aan n verhouding werk nie.
Behoort nie aan sy kerk nie.
Geen toekoms kan sy saam met hom bou nie.
Nie gemaak om ooit te trou nie.
Kinders wil sy nie versorg nie.
Toon sy nooit enige berou nie.
Sal hy haar ook nooit kan vertrou nie.
Daarom is sy in die eerste plek. Nie sy vrou nie.
Manie Jackson