jy bel my laat een saterdag
my horlosie wys na middernag
iets om met my te deel sê jy sag
en nee dit kan nie wag
ek hoor jou woorde die eerste keer
en verstom vra ek, sê weer?
jy’t skielik besef ek bied iets meer
na jare van jou eie seer
jou woorde se diepte maak my stil
ek wonder of ek ook sal wil
soek self al ‘n leeftyd om die leemte te vul
tyd het my in ‘n vreemdheid gehul
is jy seker vra ek gou
ja, verseker, ek is lief vir jou
en so, sonder dat ek rêrig wou
word ek volkome vrou
08/11/2007
my horlosie wys na middernag
iets om met my te deel sê jy sag
en nee dit kan nie wag
ek hoor jou woorde die eerste keer
en verstom vra ek, sê weer?
jy’t skielik besef ek bied iets meer
na jare van jou eie seer
jou woorde se diepte maak my stil
ek wonder of ek ook sal wil
soek self al ‘n leeftyd om die leemte te vul
tyd het my in ‘n vreemdheid gehul
is jy seker vra ek gou
ja, verseker, ek is lief vir jou
en so, sonder dat ek rêrig wou
word ek volkome vrou
08/11/2007