FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Baby , my bekkie bokkie-blom ( 27 )

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Baby , my bekkie bokkie-blom ( 27 )   Empty Baby , my bekkie bokkie-blom ( 27 )

    Post by Rudi Coetzer Thu 15 Dec 2011, 2:13 pm

    Baby , my bekkie bokkie-blom
    my asem
    maak wasem
    teen die ruite
    van jou siel
    en met teer vingers
    teken ek hartjies daarin
    en plak soentjies daarteen

    want

    in my murg
    in my been

    DNA my liefde
    onmiskenbaar vir jou .

    Baby , my bekkie bokkie-blom
    kyk fyn in die mikroskoop
    van my oë

    stel jou sintuie in -

    jy sal vind
    hier diep binne-in
    hier waar dit saakmaak

    in my murg
    in my been

    klop ñ warm hart net vir jou .


    ( 28/07/2011 20h38 )

      Current date/time is Sat 27 Apr 2024, 8:32 am