FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Baby , my bekkie bokkie-blom ( 12 )

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Baby , my bekkie bokkie-blom ( 12 ) Empty Baby , my bekkie bokkie-blom ( 12 )

    Post by Rudi Coetzer Thu 24 Nov 2011, 1:06 pm

    Baby , my bekkie bokkie-blom
    ek wil op ñ road trip
    met jou gaan
    wat duur totdat ek
    my laaste asem
    onwillig uitblaas
    terwyl ek
    ñ laaste maal
    in jou jy verdwaal

    ek wil elke dag
    my oë op jou lê
    en jou hartklop
    voel teen my .

    Baby , my bekkie bokkie-blom
    ek wil plekke sien
    saam met jou
    jou luilekker dagbreek-strek hoor
    en elke sonsondergang
    saam met jou
    my in die oomblik verloor .

    Om knetter digters-vure
    kan ons filosofeer
    sommer lukraak
    oor alles en nog wat
    en vir mekaar gedigte
    onder sterre lees
    tot die middernag-maan
    jou en my
    sleepvoet bed toe lei

    en soms

    soms kan ons inlê
    en liefde maak
    totdat ons heeltemal gedrein is

    want

    Baby , my bekkie bokkie-blom
    ons het niks wat ons jaag nie
    nêrens waar ons spesifiek
    op ñ spesifieke tyd moet wees nie
    behalwe hier waar ons hoort
    hier bymekaar .


    (20/04/2011 22h29 )


      Current date/time is Thu 02 May 2024, 1:35 pm