FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Baby , my bekkie bokkie-blom ( 3 )

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Baby , my bekkie bokkie-blom ( 3 ) Empty Baby , my bekkie bokkie-blom ( 3 )

    Post by Rudi Coetzer Fri 11 Nov 2011, 4:59 pm

    Baby , my bekkie bokkie-blom
    vannag gaan ek en jy
    tot die son môre beautiful opkom
    deur die sterrestelsel
    slippy-slide op die melkweg ,
    terwyl ons sorgeloos giggel en gil
    vreugdevol soos jong verliefdes
    en ek jou uitbundig vertel
    hoe lief ek jou het .

    Dan , kort na dagbreek
    gaan ons hand-aan-hand
    op ñ verlate strand
    in die vlakwater baljaar ,
    voor ons later moeg en uitgeput
    styf teenmekaar
    in die skaduwee van ñ groot rots
    salig tevrede gaan dut ,
    met die hoor van mekaar se asem
    en die geluid van branders
    wat in ons ore klots .


    ( 01/04/2011 20h38 )

      Current date/time is Thu 02 May 2024, 3:21 pm