FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Baby , my bekkie bokkie-blom ( 11 )

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Baby , my bekkie bokkie-blom ( 11 ) Empty Baby , my bekkie bokkie-blom ( 11 )

    Post by Rudi Coetzer Wed 23 Nov 2011, 2:36 pm

    Baby , my bekkie bokkie-blom
    jy is so onbeskryflik –
    soms is ek te bang
    om vir jou te kyk ,
    want innerlik
    is daar soveel voel
    vir jou , soveel bedoel ,
    wat jy net dalk mag sien
    as jy in my oë kyk .

    Baby , my bekkie bokkie-blom
    skuif nader aan my
    laat ek jou
    met my liggaam en siel aanbid ,
    my hande oor jou laat gly
    met dieselfde sagtheid
    as waarmee jy my hart aanraak .

    Baby , my bekkie bokkie-blom
    ek staan voor jou naak
    ontbloot van enige voorgee
    met al wat ek
    vir jou kan gee –
    my hele-self
    my liefde
    en my omgee .

    Dit is al .


    ( 16/04/2011 21h14 )

      Current date/time is Thu 02 May 2024, 6:57 am